Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Met land op grendel gaan omgee ons red

Vandag eindig die lewe soos ons dit ken. Om middernag begin ’n nuwe, onsekere en troebel tydperk van afsondering, oorlewing, oordenking en net dalk ’n nuwe, vars begin. Ons gaan anders anderkant die virus uitkom.

Charles Smith

Polities skud ons nasie vlooie soos die EFF en die regse bitterballe af. Ekonomies sal ons oor begin. En ons gaan leer om meer menslik en minder selfsugtig te wees. Rasgrense gaan ook minder word.

Ons gaan ons tweede naweek in sonder sport, kerk toe gaan, boeremark en vakansie en die naweek ook sonder braai en kuier. Van ons gaan alleen wees, maar baie gaan geen inkomste vir ’n maand of twee hê nie. Daar is ’n rede dat REM se liedjie “It’s the end of the world (and I feel fine)” skielik ná jare weer gewild is. Dit voel of dit die einde van die wêreld is, maar ja, ons sal fyn wees. As ons tuisbly, voorsorg tref en ander help. Die werkgewers wat werkers huis toe stuur sonder betaling, dink asseblief twee keer. In baie huise gaan daar nie kos wees nie.

Ek weet van sakelui wat reeds hul huurders van kommersiële eiendom aangesê het om net die helfte van die huur vir April te betaal. Dit is hoe ons mekaar gaan dra. Dankie ook vir banke wat paaiemente tydelik opgeskort het en die Ruperts en Oppenheimers wat bydra tot die noodfonds. Ons is almal soldate in die oorlog teen die virus. Ons – ryk en arm – is almal gelyk in die voorste linie, maar die belangrikste gevegsfront gaan in ons koppe wees. Die vrees in Brittanje is dat meer mense weens selfdood as die virus kan sterf. Ons sal na ons geliefdes, vriende, werkers, kinders en oues moet omsien.

Ek gaan elke dag met my virtuele vriende kontak op Facebook maak. Ons gaan oor musiek, boeke, kos, diere, kinders, sport en spirituele onderwerpe gesels. Ons het Sondag in elke uithoek van die land ’n heerlike Sondagmaal opgedis en resepte uitgeruil.

Maar hoe gaan ons self sielkundig oorleef? Ons mag dalk nie eens gaan stap, fietsry of draf nie.

Maar hoe gaan ons self sielkundig oorleef? Ons mag dalk nie eens gaan stap, fietsry of draf nie. Ek gaan werk, musiek luister en lees. Een ding wat ons kan doen, is om te lees en die vlam van kennis en verbeelding te gebruik om die donker uit ons gemoed te dryf.

Met ’n lekker kuier met die Petrusburg-leeskring het tant Minnie Griessel, geliefde oud-onderwyseres, vir my ’n groot portret van skrywer Etienne Leroux geskenk. Sy was ’n vriendin van hom en Elizabeth op Koffiefontein.

Voor ons eindeksamen aan die Hoërskool Rouxville in 1984 het ek bekommerde ouers en onnies met ’n aanhaling uit Magersfontein, O Magersfontein probeer kalmeer: “Daar is geen rede tot paniek nie . . .”

Met Leroux se portret voor my wil ek vir almal sê: Ons het apartheid, die ANC en die staatskaping oorleef. Moenie nou paniekerig raak nie. Dink reg, bly tuis en gee om vir almal om jou.

God seën Suid-Afrika.

Meer oor:  Charles Smith  |  Inperking  |  Covid  |  Oorlewing  |  Menings  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.