Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vryburger
Met Poetin moet jy eerder nie ‘tee-praat’

Die DA wil mos die blouapiestuipe kry as hy die “ANC Lite” genoem word, maar selfs wat die felheid van interne twiste betref, begin die DA aan die ANC herinner.

Soos wat nou aan die gang is met die twis wat in Kaapstad woed om die kop van Patricia de Lille wat die trekpas gekry het nadat sy in ’n radio-onderhoud te kenne gegee het dat sy uit die DA wil waai.

Dit is in sulke omstandighede dat die leedvermaak onder die liberales mos liberaal begin loop. Soos wanneer een DA-diknek met verwysing na De Lille sê: “How many mayors does it take to change a lightbulb? One, if it is Patricia de Lille – she holds the bulb and the world revolves around her.”

De Lille Mmusi dít gesê het nie

Die ander saak wat liederlike onenigheid in die Kaapse DA veroorsaak, is die partyleier, Mmusi Maimane, wat ingegryp het by Kaapstad se waterkrisis nadat die aangeleentheid nie na behore deur haar gehanteer is nie.

Dít is ook glo een van die redes waarom die Kaapse koukus uiteindelik vertroue in De Lille verloor het.

Wantroue van Mmusi het dus De Lille haar pos gekos. Of dalk eerder ’n Mmusi van wantroue, kan jy maar sê . . .

Geen rus vir Mabuza in Rusland

Nadat ou Wlad Poetin van Rusland weer die verkiesing gewen het, stuur Cyril Ramaphosa sy adjunk, David Mabuza, as spesiale gesant na Rusland om ’n bietjie geselsies te gaan aanknoop en die Brics-spankreet te gaan oefen.

Vryburger vind dit interessant dat Rama­phosa vir Mabuza, die vyand naaste aan hom, na Rusland stuur en nie self gaan nie. Is dit dalk omdat daar so killigheid in die diplomatieke lug is nadat Ramaphosa sy voet dwars gesit het teen al die ondernemings wat sy voorganger oor kernkragkontrakte gegee het?

Mabuza sal dalk maar so met die een oog oop moet slaap . . .

Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.