Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Metanoia’ vra hele lewe

Die enigste blywende verandering is daardie soort wat strek tot in jou siel. Dit is presies wat Jesus in Markus 1:15 vra as Hy sê “bekeer julle, want die koninkryk van God het naby gekom”. Die Griekse woord wat hier met bekering vertaal word, is metanoia. Dit is ’n radikale lewensverandering wat begin by jou denke. Dit is ’n splinternuwe manier van dink oor en kyk na die lewe. Metanoia kom teen ’n baie hoë prys. Dit stel jou bekend aan die nuwe realiteit van God, een waar jy jouself aanhoudend moet verloor om te leef.

Min mense wat hulleself navolgers van Jesus noem, verloor regtig alles om alles opnuut in Hom te vind. Hulle gee eintlik net hul harte vir Hom en gaan rustig voort met hul bestaande lewe. Maar daardie diep verandering, daardie metanoia wat maak dat hulle met oorgawe leef in God se nuwe ryk, ontwyk hulle. Hoor weer: Metanoia vra meer as jou hart. Dit vra jou denke; dit vra jou hele lewe vir God. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.