Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Michael Morris: Honderd jaar later onthou die bome hom nog

’n Lang reis het my jare gelede na die graf geneem van ’n Afrikaner wat ’n eeu gelede gesterf het in Las Cruces, Nieu-Mexiko, ver van sy Afrika-geboorteland.

Nadat hy in Januarie 1902 in ’n hinderlaag by Boomplaats gevang is, het hierdie Boere-guerrillaleier, genl. Benjamin Viljoen, se toekoms op aangrypende onsekerheid afgestuur.

Hy is in 1869 as die seun van ’n boer in die Wodehouse-distrik gebore, en het in 1917 as ’n joernalis, soldaat, romanskrywer, boer, diplomaat en nuwewêreldse pionier in Nieu-Mexiko gesterf.

Dit was juis sy verbete patriotisme, toe sy gevangenskap as ’n krygsgevangene op St. Helena in Julie 1902 beëindig is, wat hom laat weier het om aan imperiale Brittanje trou te sweer, en hom daartoe gedryf het om die land waarvoor hy geveg het en selfs sy familie te verlaat.

Namate sy ou wêreld na die agtergrond geskuif het, het ’n nuwe een te voorskyn gekom. Viljoen se gevierde aankoms in Washington is onderstreep deur ’n Withuis-dinee met die bewonderende pres. Theodore Roosevelt as gasheer. Só het Viljoen se selfherskepping begin.

In 1994, by sy graf, het ek ontdek dat dié ou soldaat nog onder die pekanneutbome van Las Cruces onthou word.

Hy en ’n aantal ander Boere wat hulle tot onderhorigheid gedwonge die tuisland verlaat het, het na die Karoo-agtige wildernis van noordelike Mexiko gemik.

Onderweg het die Nuwe Wêreld-trekkers – onder wie genl. Piet Cronjé – in 1904 die sirkus-impresario Frank Fillis se uitnodiging aanvaar om ’n Anglo-Boereoorlog-vertoning by die St. Louis-wêreldskou aan te bied. Die Amerikaanse skares was in vervoering. Viljoen het die St. Louis-weduwee en waagarties Myrtle Dickinson só beïndruk dat hulle getroud is.

Die trek suid het voortgeduur, met die Viljoen-groep wat hulle langs die Rio Grande gevestig het, waar hulle ’n “oase in die wildernis” geskep het waarvoor hulle later as “die mees geslaagde landbouers van besproeide grond in die suidweste” getakseer is. In 1914 het Viljoen vir ’n plaaslike tydskrif gesê dat “ ’n boer . . . in ’n land moet leef waarin hy vertroue het” om suksesvol te wees.

Hy het in 1909 Amerikaanse burgerskap aanvaar en, in 1911, by ’n afvaardiging na Washington D.C. aangesluit en suksesvol druk uitgeoefen vir Nieu-Mexiko se inskakeling by die VSA as deelstaat.

In daardie tyd het Viljoen die Mexi­kaanse rebelleleier Francisco Madero ontmoet, wat hy gehelp het om die diktator-president genl. Porfirio Díaz te ontsetel en om met die vyandiggesinde Yacqui­Indiane vrede te sluit. Geen wit mens het in daardie stadium nog die Indiane se Becatete-bergvesting betree en dit oorleef nie, maar Viljoen het kans gesien. Hy was twee weke weg – en Madero het alle hoop laat vaar – toe Viljoen weer saam met tien Yacqui-stamleiers te voorskyn kom, wat almal vir vredesamesprekings by die Chapultepec-kasteel in Mexikostad ontmoet het. Viljoen het later vir die goewerneur van Nieu-Mexiko gewerk.

In 1994, by sy graf, het ek ontdek dat dié ou soldaat nog onder die pekanneutbome van Las Cruces onthou word. Die 90-jarige Catherine Lawrence het onthou hoe sy as kind na die stories van Ben Viljoen oor “sy lewe in Suid-Afrika . . . en sy hartseer” geluister het.

Kort ná my terugkoms uit Las Cruces het ’n gesprek oor aandete met die skrywer en Weekliks-rubriekskrywer Sonja Loots ’n klein rol gespeel in die totstandkoming van haar 2011-roman Sirkusboere.

Viljoen se verhaal herinner ons daaraan dat ons die aard van ons lotsbestemming in ons omdra.

Meer oor:  Die Ander Kant  |  Abo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.