Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Moenie leef in verlede; ’n kuier doen nie kwaad

Wat het Duiwel, Mufie, Tiekie, Boerbok, Fish, Priester, Charlie, Patat, Muggie, Pyle, Straatkat, Genis, Chief, Gylie, Skillie, Dodo, Buurman, Slang en Krummel almal gemeen?

Al daai manne en nog ’n paar honderd het die naweek saam met my koshuisreünie in Manguabloem gehou.

Dis nou daai koshuis waarvan die naam met ’n groot “R” begin (nee, nie Ramaphosa nie).

Blouwillem

Ja, mense, en as jy gedink het dinge verbeter met tyd, woon net ’n reünie by! Soos een ou gesê het: “Almal is nog net dieselfde . . . party ouens is net méér dieselfde.”

My probleem met ’n reünie is natuurlik om die ander ouens se name almal te kan onthou.

Jou seniors se name is vir ewig in jou geheue en agterent ingedril, maar ai, daai manne ná jou!

En as jy in die spieël kyk en nie eens meer jouself herken nie, hoe verwag jy die ander ouens moet jóú nou eintlik herken?

Die oplossing?

Gryp daai ou wat van voor af kom so in ’n bier-“hug” (dis nou as julle by jul albei se mae verby kan kom) en skree: “My ou maaaaat van yster en plaaat!”

En net daar is julle twee sonder name weer net sulke dik pêlle as 45 jaar gelede (ja, eintlik heelwat dikker!)

Ja, en die koerantstorie wat waarsku teen die gebruik van selfs één glasie sterk drank per dag, het ongelukkig gister ná die oggenddiens eers by ons uitgekom.

Nog so van dikker gepraat: Die ander ou probleempie is dat ons die een of ander kledingstuk uit ons stoere koshuisverlede na die huisvergadering moes aantrek.

Ek het gaan rondkrap, maar uiteindelik moed opgegee, want ek pas toe nie eens meer in my ou slaapsak nie, wat nog te sê van ’n koshuistrui van 1971.

Toe ons Vrydagaand ná koshuisrugby (terloops, harder en kykbaarder as enige toetsrugby) die ou skapie van daai spit af eet dat hy later so kaal soos ’n fietsraam is, vee ou Jan Grobbies die vet so van sy welige plaassnor af en sê: “Ja, manne, net omdat jy nie in die verlede moet lewe nie, is dit nie te sê dat die verlede nie ’n ou lekker plekkie is om soms te besoek nie.”

As jy daar by ’n koshuiswedstryd mos so reg langs die veld staan en die manne tekkel mekaar dat hulle bene so klap op daai klipsteenharde Vrystaatse aarde, kan jy nie glo dat jy ooit so mal was om so te speel nie.

Maar dan kyk ek so na die manne se pragtige meisies daar langs die veld en Saterdagaand by die dinee skiet ’n groot waarheid my weer te binne: jy’s ’n student, jy’t niks geld nie, jy ry ’n krok, jou akademie lyk beroerd en jy mag nie jou hemp in die klas uittrek nie, so waarmee anders as met daai mal spel gaan jy ooit ’n meisie kry om met jou te trou?!

Ja, en die koerantstorie wat waarsku teen die gebruik van selfs één glasie sterk drank per dag, het ongelukkig gister ná die oggenddiens eers by ons uitgekom.

Meer oor:  Blouwillem  |  Rubrieke  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.