Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Moenie May se besoek misken

Die ou cliché wat taxibestuurders graag op hul voertuie plak, lui: “In donker tye is vriende min.”

Die werklike rede vir hul gebrek aan vriende is hul bestuursgewoontes, nie “donker tye” nie. Maar wat ook al.

Vir Theresa May, Britse premier, is die tye inderdaad donker en haar vriende min weens haar land se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat.

Derhalwe het May afgesit na Donkerste Afrika op soek na nuwe vriende. Haar doelwit was glashelder: Brittanje herposisioneer hom vir ’n post-Brexit-toekoms waarin hy ’n wêreldmag buite die EU-klub moet bly.

Vir Theresa May, Britse premier, is die tye inderdaad donker en haar vriende min.

In die aanloop tot 2019 sal May en haar ministers derhalwe die wêreld platreis en verafgeleë wêrelddele besoek. Vriendskappe wat verwaarloos is, sal herstel en bestaande goeie betrekkinge versterk word.

In Suid-Afrika se geval was die verhouding betreklik goed, buiten verskille in benadering tot oudpres. Robert Mugabe se tirannie. Handelsbande is sterk, wedersydse beleggings is gesond en kulturele betrekkinge is goed.

In Kenia se geval is die vriendskap nie na wense gekoester nie, en Margaret Thatcher was die laaste besoekende Britse premier – ’n volle 30 jaar gelede. Brittanje se verhouding met Nigerië is net-net bevredigend. Handel en beleggings is sterk, maar dit is eenrigtingverkeer.

In May se openingsrede van haar besoek het sy in Kaapstad gesê Afrika is van deurslaggewende belang vir Brittanje. Afrika het vyf van die snels groeiende ekonomieë ter wêreld vanjaar, ’n bruto binnelandse produk wat waarskynlik teen 2030 gaan verdubbel en ’n kontinent wat teen 2050 25% van die wêreld se verbruikers gaan huisves.

Sy het bygevoeg sy wil ’n nuwe vennootskap tussen Brittanje en “ons vriende in Afrika vestig, wat op gedeelde welvaart en veiligheid gegrond is”.

Sy het voorts ’n versugting na sterk Afrika-ekonomieë uitgespreek, hetsy deur nuwe geleenthede vir Britse uitvoerders of Britse beleggers te skep. Sy gaan die voortsetting van die EU se vennootskap met Afrikalande suid van die Sahara verseker, selfs nadat haar land die EU verlaat het, en seker maak Britse maatskappye help Afrika-maatskappye bemagtig wat tegnologiese ontwikkeling en korporatiewe bestuurstelsels betref.

Daarbenewens gaan Brittanje sy teenwoordigheid in Afrika “radikaal uitbrei”, insluitend dié van handels-, beleggings- en ander beleidskundiges.

Voor vanjaar se Statebondsberaad was dié organisasie se waarde aan die taan. Maar vanjaar was dit ’n ernstige affêre. Brittanje het seker gemaak dit bied omvattende waarde en laat lede soos ’n ware familie voel.

In ’n wêreld waar Brittanje nie meer mag saam met EU-lande gaan uitoefen nie en waarin China aggressief voortmarsjeer, is die herlewing van die Statebond deurslaggewend.

In ’n wêreld waar Brittanje nie meer mag saam met EU-lande gaan uitoefen nie en waarin China aggressief voortmarsjeer, is die herlewing van die Statebond deurslaggewend.

Sommige sal sinies oor May se toer wees en dit as ’n fotogeleentheid vir die Britse leier bestempel. Ander sal dit met agterdog bejeën en as ’n imperialistiese verblyf deur die hoof van ’n wêreldmag beskou.

Hulle sal almal verkeerd wees. Hierdie was argumentshalwe die belangrikste besoek deur ’n G7-leier aan ons kontinent die laaste jare. May het nie hierheen gekom om geselsies aan te knoop nie, maar omdat haar land vriende en markte nodig het in ’n wêreld wat geherkalibreer is.

Dit plaas Afrika in ’n sterker posisie as voorheen om gunstige transaksies en betrekkinge met eweknieë te beklink. Hierdie geleentheid moenie verspeel word nie. Vir Suid-Afrika is dit ook ’n geleentheid om ’n bietjie selfsugtig te wees. Ons hoef nie alles as ’n kontinent te doen nie.

Makhanya is hoofredakteur van City Press . Hierdie is ’n effens verkorte weer­gawe van die oorspronklike artikel.

Meer oor:  Theresa May  |  Mondli Makhanya  |  Politiek Mening  |  Brexit  |  Statebond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.