Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Moet nóóit die klein outjies onderskat nie

As daar nou een les is wat ek die laaste tyd weer geleer het, is dat jy nooit die klein outjies moet onderskat nie.

Vat nou maar vir Ysland of onse eie Kevin en vir Kroasië wat so die grotes op hul neus laat kyk het.

En nou moes ek tot my groot ongeloof en verbystering lees dat Zimbabwe, volgens sy president, Emmersvol Mnanagwaens, sy eie ruimteagentskap gaan begin.

Blouwillem

Die Zimbabwe National Geospatial and Space Agency nogal!

Maar nou ja, as Lesotho sonder ’n see ’n duikbootbasis kan hê en ’n koei oor die maan kon spring, kan Zimbabwe seker maar in die ruimte gaan rondflenter of hoe?

En as jy een man op die maan kan laat bly, hoekom nie Oom Bob nie?

Praat van ’n illegal alien as daar ooit een was!

Oom Johnny sê hy’t in elk geval gehoor die Amerikaners was nie eerste op die maan nie. Hoe so?

“Toe daai Armstrong-kêrel daar op die maan afklim en vlaggies wil begin plant, klap daar ’n skoot bok­hael,” vertel hy.

“Armstrong hol terug na sy tuig en so in die hardloop sien hy die bebaarde oom in kakieklere met ’n roer in sy hand op ’n trekker in ’n mielieland.

“Wat soek die spul op sy grond? Hulle verduidelik dat hulle Yankies is wat gedog het hulle is eerste op die maan.

“Die oom ontspan op die trekker en sê: ‘In daai geval manne, klim maar af dat ons gaan koffie maak, ek het gedog dis Trust Bank wat my trekker kom terugvat.’ ”

Oom Johnny sê hy is nie seker of dit ’n ware verhaal is nie, maar die les bly dieselfde: Moet nooit die boere onderskat nie!

Maar kyk, jy moet nooit ooit ou Bob, die ou hel, se naam voor my ou maters noem nie.

Kies iemand anders as jou vrou om vir jou te vertel dat jy in jou moer is, dit wil sê ’n finansiële adviseur.

Hulle kannie glo dat dié flou perd steeds asemhaal en sommer weer polities aktief wil begin raak nie (die laaste fase as jy besef jy gaan nooit weer in ander fases aktief kan wees nie).

Vir Dik Daan is die ergste dat dié man benewens al sy banke vol oorsese steelgeld nog ’n staatspensioen trek terwyl sy medevolksgenote dit op piesangs en vars lug moet maak.

Dik Daan lees baie van hierdie artikels wat deesdae oor aftrede verskyn met sulke titels soos: “Raad as die kalf al byna in die put is.”

Die raad vir aftrede is dan gewoonlik so drieledig.

Moenie aftree nie en bly president tot jy drie en negentig is.

Tweedens, pas jou leefstyl en jou smake aan, ofte wel besluit oor jou gunstelingsoorte katkos of hondekos.

Kies iemand anders as jou vrou om vir jou te vertel dat jy in jou moer is, dit wil sê ’n finansiële adviseur.

Of vir ’n twaalfde loopbaan, sluit jou aan by Zimbabwe se ruimteprogram!

Meer oor:  Blouwillem  |  Rubrieke  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.