Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Monomotapa bly maar net ’n droombeeld
Prof. Hennie van Coller

Vakansie langs die Natalse Noordkus is in baie opsigte ’n aangename verrassing. Strande is blinkskoon en strate vry van slaggate en rommel. Waar ons vertoef het, word die strand gereeld gepatrolleer en mense draf alleen langs die see; skynbaar sonder vrees vir onveiligheid. Langs hoofweë is opvallend baie wetstoepassers en gras word voortdurend kort gehou en afval verwyder. ’n Toeristiese paradys op die oog af. Totdat jy jou oë opslaan na die berge wat oordek is van tydelike strukture en vermanings lees dat reise in die aand riskant is.

’n Familielid het in een van dié kusdorpe gewoon in ’n pragtige gholflandgoed en uitgekyk op die negende putjie.

Sy ietwat siniese kommentaar was dat dit ’n “bestaan in ’n borrel” was: broos en kwalik verskans teen die dreigende aansprake van honderdduisende mense ’n klipgooi ver wat in uitsiglose armoede leef.

Hy is kort ná ons gesprek sak en pak Wes-Kaap toe waar daar volgens hom rus en vrede én goeie bestuur was. ’n Klein plasie is aangeskaf en saans het sy twintigtal skapies hom na ’n boer laat voel: baas op eie werf.

En toe gebeur wat ek al jare gelede voorspel het (én my verwyte van sinisme en jaloesie op die hals gehaal het van vriende wat na die

Op die TV bekla boere hulle lot en wanhoop omdat mooi woorde nie in dade omskep word nie.

Wes-Kaap verhuis het): geweldsmisdade begin dramaties toeneem en selfs statige wynplase raak die teiken van aanvalle. Heel ironies juis hulle wat voor die verkiesing hand om die blaas gestaan het met ANC-hoës en ons president laat teug het aan uitsoek-Pinotage.

Op die TV bekla boere hulle lot en wanhoop omdat mooi woorde nie in dade omskep word nie. Wanneer red generaal CR dan die boere?

En terwyl my hart vir hulle bloei, verbaas ek my oor hul naïwiteit. Wie het al die plakkers – sonder werk, huise en geld – afgelaai in die Wes-Kaap as stemvee? En wie se korrupsie en onef-fektiewe bestuur landwyd dreineer geldbronne en laat buitelandse beleggers onttrek? Sodat daar nóg meer werkloses en geweld is?

Onse president is primêr steeds ’n leier van ’n party sonder wie se steun hy sy werk verloor. En baie heethoofde in sy party sien plaasaan-valle en die gevolge daarvan (soos om in wanhoop te verkas) as ’n maklike manier om plaasonteiening sonder vergoeding te bespoedig.

Nou is die Suidoos-Kaap die nuwe Mekka en George en die Mosselbaai-omgewing word die toevlug vir geweldsiek Vrystaters en Gauteng-ers. Totdat die plakkers ook daar vermeerder en geweld toeneem.

Dan maar migreer na Australië of Nieu-See-land óf wegkruip in veiligheidsoorde en agter geëlektrifiseerde staalheinings.

Want trek is in die Afrikaner se bloed. Eers as Vryburgers, dan die Drakensberge oor, deur die Dorsland sónder melk en heuning; en uiteinde-lik na die onherbergsame steppe van Argentinië.

En die mitiese Monomotapa bly steeds ’n hersenskim.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Wynplase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.