Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Mooi prosa’ is vir my erger as die burokrasie

Kommunikasie in die koronatyd is anders as gewoonlik. Loop jy bekendes raak in ’n winkel, word ver teruggetree en word jy wantrouig aangestaar van agter gesigmaskers. Gesprekke is kort en oppervlakkig.

Prof. Hennie van Coller

Ook telefonies of digitaal verloop gesprekke atipies. Lank opgeborge frustrasies en voor- en afkeure word makliker uitgespreek. Asof gesigmaskers, telefone en rekenaarskerms ’n veilige skuilplek bied waaragter mense kan wegkruip.

My eie afkeer van burokrate en “mooi prosa” neem daagliks toe en word gevoed deur absurde regeringsbepalings en talle soetsappige skryfsels wat ek kwalik kan ontduik.

Met my universiteitsonderhoud destyds moes ek oornag in die Bloemfontein-hotel, tóé ’n luukse verblyfplek. Die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) het my verblyf betaal, maar ek moes self die drie sent opdok vir ’n persoonlike telefoonoproep na een van my nuwe kollegas, Charles Malan.

As nuweling het ek die enigste beskikbare kantoor gekry in die ou hoofgebou; een wat veel later deur ’n baie senior persoon betrek is. Van die administrasie het ek vergunning ontvang om die nagemaakte Persiese mat te hou “hoewel die afmetings daarvan dit eintlik net geskik maak vir ’n profes-sor”.

Veel later moes ek veg sodat ’n personeellid ’n sleutel kon kry sodat sy die buitedeur kon sluit wanneer sy vrou-alleen aandlesings gehad het. Want sien, sleutels is slegs aan professore verskaf.

Om ’n skootrekenaar of fotostaatmasjien te koop, is steeds ’n burokratiese nagmerrie; om ’n vliegtuigkaartjie te bespreek veel erger.

Burokratiese absurditeite is nooit beëindig nie en het met elke nuwe bedeling gewoon ’n ander gedaante aangeneem: reëls oor wie ’n “oop telefoonlyn” en vier penne en potlode kon kry.

Om ’n skootrekenaar of fotostaatmasjien te koop, is steeds ’n burokratiese nagmerrie; om ’n vliegtuigkaartjie te bespreek veel erger. Burokrasieë beweeg teen die tempo van troglodiete. Wanneer goedkoop vlugte dus beskikbaar raak, probeer jy nie eens reageer nie. Teen die tyd dat jy goedkeuring kry, is kaartjies al uitverkoop of duisende rande duurder.

Buurman rook nou sigarette uit Indië of Pakistan. Dié afleiding grond hy op die voorkoms van sy swartmarkverskaffer. Al staan hy ver weg tref die onaangename reuk van die swarterige sigarette my soos Duane Vermeulen se skouer onder die kortrib. Omdat dit sterk na kerrie ruik, is sy afleiding waarskynlik korrek.

Buurman se frustrasie loop oor en sy kommentaar oor die agbare minister se mediese opleiding in Finland, haar opmerkings oor vigs destyds én haar bekwaamhede is gronde vir ’n lasteraksie. Dus nie herhaalbaar nie.

Maar “mooi prosa” is vir my erger as burokrasie. Prosa gelaai met byvoeglike naamwoorde en soetsappige samestellings betower mense skynbaar. Ligstrale wat flonker en doudruppels wat skitter; rooikophoutkappergeluide in groenomsoomdestruikgewas; só “kosbaar”!

Dalk is dit nóú die tyd om ander boeke te lees as Somer en die voorgeskrewe poësie van jare gelede.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Regulasies  |  Vlieg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.