Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Mooi, soos ’n son wat wegsak in besoedelde lug

Jaco Strydom het op ’n gospel-CD afgekom wat volgens hom ‘die potensiaal het om die wit hel uit kerkmense te frustreer’.

“What the hell?”

Dit was my eerste gedagte toe ek Prophet se cover van Die Kolonie sien.

Ek dog eers hulle spot met Jesus, toe sien ek dis Jan van Riebeeck met die zol en die pienk ghoeroe-kleed – met ’n hart in sy een hand en ’n selfoon in die ander, tussen twee skroewedraaiers, bokant twee AK47’s onder ’n dollar-teken en iets wat lyk soos die maan . . .

My tweede gedagte was, ek soek ’n plakkaat vir ons hippy shack op die Echo-plaas. ’n Grootte.

Daar is soveel simboliek in die ding, oor waar ons vandaan kom, oor Suid-Afrika vandag, oor die ironie van kerkwees in ’n land soos die, oor ryk kerke in arm Afrika . . .

En die cover is sommer net frieken beautiful om na te kyk. Amper soos die effek van lugbesoedeling op sonsondergange.

Ek onthou hoe my oupa destyds opgemerk het dat die sonsondergange nooit so mooi (en so rooi) was, voor Sasol en Yskor in die Vaaldriehoek gebou is nie.

Ek luister na ’n liedjie op die album.

Die eerste sin sê: “As die skepe ver uit die Noorde kom en die Bybel saam met die skepe kom en gewere saam met die Bybel kom, sal die slawe Sondag na die Kerk toe kom . . .”

Jaco Strydom

Die kerk-ooms gaan nie hiervan hou nie, dink ek.

Dis nie ’n gewone gospel-CD nie.

Daar is nie een enkele liedjie wat ’n mens sou kon speel voor ’n begrafnis of by ’n vroue-tee nie. Die musiek is soos die cover.

Dis nie nog ’n Christen-album vol dagstukkies nie. Dit is nagstukkies, die genre van die profete. En dis nie boring nie.

Dit laat my dink aan “Rivers of Babylon”, eintlik ’n ontstellende hartseerliedjie, maar op ’n lekker tune.

Dit maak dat die musiek jou vang. Onverhoeds betrap. Skielik onthou jy dat Van Riebeeck met die Bybel hier aangekom het, besef jy hoe maklik godsdiens gemeng met geld ’n magspel word, skrik jy wakker vir die feit dat die Christen-kolonie met ’n kerk op elke hoek steeds ’n wrede plek is.

Vergeet jy vir ’n oomblik van ander mense en ander godsdienste en wonder jy of dit nie hoog tyd is dat die Christene vir Jesus begin volg nie.

Profete vlei nie. Prophet se nuwe CD ook nie.

Die album is ’n vreemde vorm van heiligmaking wat die potensiaal het om die wit hel uit kerkmense te frustreer.

  • Strydom is ’n skrywer en die leier van Echo Jeugontwikkeling in Pretoria.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.