Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Moraliteit sal nie uitwissing van wild keer nie

Hier is ’n vraag aan diereregteaktiviste wat weens morele redes teen jag gekant is: Wat staan jou te doen wanneer ’n hele ekostelsel bedreig word deur een spesie wat dominant geword het en ’n gevaar inhou vir alle ander spesies? Of wanneer ’n ekostelsel bedreig word omdat daar geen geld is om dit te bestuur nie en mense die wildlewe as ’n bedreiging pleks van ’n voordeel beskou?

Tony Weaver
Tony Weaver.

Kom ons stel ons voor dat die natuurreservate in Afrika eilande is – eilande van biodiversiteit, eilande van natuurlewe. Maar die eilande is omring deur swak landbougrond met groeiende menslike bevolkings wat die eilande vir landbougebruik en bosvleis begeer.

En hulle sien hoe ryk toeriste wat die eilande besoek meer in ’n week bestee as wat hulle in ’n jaar verdien. En slegs ’n handvol van hulle is op die eilande in diens. Dit is ’n ingewikkelde situasie, of hoe?

Hoe ver strek jou moraliteit? Strek dit ver genoeg om, soos Ross Harvey van The Conservation Ac­tion Trust in ’n onlangse artikel geskryf het, te sê: “Die belangrikheid van morele beredenering om bewaringsbeleid op te stel kan nie oorbeklemtoon word nie. Moraliteit en wetenskap is per slot van sake met mekaar verweef. Om te sê dat morele besware geïgnoreer moet word as die ‘wetenskap’ jag ondersteun, is onversoenbaar.”

My eenvoudige antwoord daarop is “ja”. Morele oorwegings neem die tweede plek in as wetenskap jag en ander vorme van volhoubare gebruik ondersteun. Finishen klaar.

Ons kan soveel oor jag morali-seer as wat ons wil?.?.?.

Sou moderne diereregteaktiviste hul stem verhef het toe 3 400 wilde katte geskiet en doodgemaak is deur ’n virus wat mense op Ma­rion-eiland losgelaat het nadat die katte miljoene seevoëls gevang en die gewone duikstormvoël byna uitgewis het?

Of toe 20 000 hase en talle damherte op Robbeneiland geskiet is weens hul vernietiging van die inheemse plantegroei en die pikkewynbevolking? Of toe bokke uitgeskiet is op St. Helena en op die Santiago­-eiland in die Galápagos-eilandgroep, net twee van vele eiland­-voorbeelde waar bokke die ekostelsel vernietig het.

Vanuit ’n wetenskaplike perspektief is my voorbeelde uiteraard absurd, want dit is uitheemse spesies met geen ekologiese reg om daar te wees nie. Maar as jy die morele redenasie volg, het hulle wel alle reg gehad om daar te wees. As dit moreel verkeerd is om ’n probleemolifant, -buffel of -leeu te skiet, is dit sekerlik moreel verkeerd om ’n probleemhaas, -bok of -kat te skiet. Of op ’n probleemkokkerot te trap?

Die meeste natuurreservate in Afrika is eilande wat omring word deur ekostelsels wat fundamenteel verander en ontwikkel is. Hulle moet dus as eilande bestuur word. Die natuur het bestuur tot ’n mate – droogte, oorstromings, brande en siektes – maar natuurlewebestuurders moet die res doen.

En as byna elke natuurlewebestuurder sê dat tariewe van jagters, die indiensneming en inkomste wat hulle aan plaaslike gemeenskappe voorsien en dat dit stropers afskrik, belangrike items in die bestuurder se gereedskapkis is, dan moet ons luister.

Ons kan soveel oor jag moraliseer as wat ons wil en menings hê oor hoe immoreel dit is. En wanneer die laaste wildlewe verdwyn en die laaste wilde dier geëet is, kan ons selfvoldaan voel oor ons moraliteit en weet dat ons moreel die regte ding gedoen het.

  • Weaver is ’n omgewingsjoernalis.
Meer oor:  Tony Weaver  |  Meningsberig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.