Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Mpiyakhe Dhlamini: Nog ’n bewys van syfers sonder nut

Die Quarterly Labour Force Survey (QLFS) vir die derde kwartaal is pas uitgereik. Die feit dat die QLFS in die tweede kwartaal ’n beduidende afname in werkloosheid getoon het terwyl werkloosheid in die vierde kwartaal toegeneem het, dien as bewys hoe nutteloos die amptelike werkloosheidsyfer is. Die hoofoorsaak van die verwarring is die status van mense wat nie werk soek nie (of die afgelope vier weke probeer het om ’n onderneming te begin), terwyl hulle wel sou kon werk (as hulle wou).

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het vroeër ’n ander definisie van werkloosheid gehad wat bekend staan as die “uitgebreide definisie van werkloosheid” (en waarvoor SSA steeds statistieke insamel). Die huidige (meer beperkte) definisie is in 1997 aanvaar, met die regverdiging dat dit die definisie is wat gebruik word deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) en ander internasionale organisasies – en meer as 80% van die land se belangrikste handelsvennote.

Daardie “uitgebreide” definisie gedra hom min of meer soos wat mens sou verwag: Werkloosheid het tussen April en Junie (tydens die aanvanklike inperking) met 3,5 persentasiepunte gestyg tot 42% en in die derde kwartaal (nadat die inperkingsmaatreëls verslap is) ’n kleiner, maar steeds beduidende toename van 1,1 persentasiepunte getoon.

Die feit dat dit ’n “uitgebreide” definisie genoem word, moet ’n idee gee waarom regerings nie daarvan hou nie. In Suid-Afrika se geval is ons werkloosheidskoers 43,1% vir die uitgebreide definisie en 30,8% volgens die “amptelike” definisie. Dit is voor die hand liggend watter een nouer ooreenstem met gewone mense se intuïsie van werkloosheid en dus die werklike probleem wat hulle graag opgelos wil sien. Wanneer ouers met werklose 23-jariges die werkloosheidsprobleem betwis, kla hulle oor die aanbod van werkgeleenthede, nie oor die feit dat hul kinders moed opgegee het om vir werk te soek nie.

Die grendelstaat beklemtoon die gevaar en belang van die gebruik van definisies om beleid te bepaal.

Die huidige krisis – en die feit dat die “amptelike” werkloosheidskoers gedaal het tydens die inperking – is die laaste spyker in die doodskis van ’n definisie van werkloosheid wat nog altyd twyfelagtig was.

Die gevaar is dat die regering aangemoedig word om teikens na te streef wat geen verstandige persoon tevrede stel nie omdat dit geskoei is op ’n definisie wat nie die werklikheid weerspieël nie. Die belangrikheid van ’n definisie wat ooreenstem met die werklikheid is dat beleid aan kiesers verkoop kan word as ’n manier om probleme op te los wat hulle werklik raak. Hierdie probleme sal nooit opgelos word as die regering die probleem definieer op ’n manier wat nie die werklikheid weerspieël nie.

Die huidige krisis – en die feit dat die “amptelike” werkloosheidskoers gedaal het tydens die inperking – is die laaste spyker in die doodskis van ’n definisie van werkloosheid wat nog altyd twyfelagtig was.

Dit het nog belangriker geword noudat die omvang van die werkloosheidsprobleem voorheen ondenkbare afmetings aangeneem het. Nêrens is dit duideliker as in jeugwerkloosheid nie. Onder die uitgebreide definisie staan werkloosheid onder 15- tot 24-jariges nou op 74,1%. (Dit is waarskynlik die belangrikste getal vir die beoordeling van die toekomstige groeipad van die EFF en soortgelyke partye), terwyl werkloosheid onder 25- tot 34-jariges op 49,8% binne trefafstand van 50% is. Die Wes-Kaap skitter ook in vergelyking met elke ander provinsie. Dit is die enigste provinsie met ’n werkloosheidskoers (onder die uitgebreide definisie) van minder as 40% (op 29,1%).

Die gebruik van ’n irrelevante definisie van werkloosheid maak dit moeilik om te bepaal waar die probleem die ergste is en dus watter ingrypings op kort tot mediumtermyn voorrang moet geniet. Dit kan ook daartoe lei dat die regering nie die belangrike beleidslesse uit sy eie en ander lande se foute leer nie.


Meer oor:  Die Ander Kant  |  Menings  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.