Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Mpiyakhe Dhlamini: Watter dienste van staat is belangrik?

Vir Suid-Afrika om sy potensiaal te bereik, moet ons eers ’n paar jare lange kwessies tussen onsself oplos. Dit kan egter net deur middel van onderhandeling bereik word en hierdie keer moet ons dit reg doen en hierdie kwessies eens en vir altyd besleg.

Die kwessies wat opgelos moet word, sluit in grond, maar ook die rol van die staat in Suid-Afrika. Die huidige fiskale verpligtinge van die regering is nie volhoubaar nie en dit het die ekonomie benadeel. Die reguleringsraamwerk is te beperkend, veral wat arbeid betref, en dit lewer ’n groot bydrae tot ons hoë werkloosheidsyfer. Suid-Afrikaners moet kan saamstem oor wat die prioriteite is, en alles wat nie ’n prioriteit is nie, moet ons laat vaar.

Wat grond betref, sal die kwessie nooit tot rus kom voordat daar ’n breë herverdeling van grond is nie. Grond wat deur die regering besit word, is ’n belangrike kandidaat in hierdie verband. Wat private grond betref, raak die probleem ingewikkeld omdat jy nie nuwe ongeregtighede kan skep in die naam van die oplossing van oues nie. Om grond van wettige eienaars af te neem en dit aan iemand anders te gee, kan dus nie ’n oplossing wees nie.

Daarom is die maklikste en vinnigste manier om grondhervorming te hanteer deur grond in staatsbesit, insluitend grond wat tans verhuur word, te herverdeel – solank sulke oordragte geskied op ’n manier wat die regte van die nuwe eienaar sowel as die huurder beskerm.

Ons moet ook besluit presies watter dienste wat die regering tans verskaf vir ons belangrik is.

Daar is potensieel baie grond wat op hierdie manier herverdeel kan word as Suid-Afrikaners regtig ernstig is daaroor dat grond ’n prioriteit is. Dit sal beteken dat jy moontlik regeringsgrond soos ou militêre basisse, plase, grond wat deur staatsondernemings besit word, asook die nasionale parke moet weggee. Die keuses waarmee ons gekonfronteer word, is egter duidelik: Gaan ons toelaat dat die grondkwessie ’n instrument van permanente politieke mobilisasie bly of aanvaar ons dat sommige van ons natuurbewaringsdoelwitte tweede viool moet speel in die aangesig van hierdie eksistensiële bedreiging – gegewe wat ons in Zimbabwe sien gebeur het?

Die moeilike keuses eindig nie daar nie. Ons moet ook besluit presies watter dienste wat die regering tans verskaf vir ons belangrik is. Dit lyk asof daar ’n algemene meningsverskil bestaan dat almal in staat moet wees om ’n goeie opvoeding te kry en gesondheidsorg van goeie gehalte te ontvang. Maar die kwaliteit van hierdie dienste hang natuurlik af van die beskikbare hulpbronne, selfs al doen die private sektor die werklike dienslewering. As ons byvoorbeeld openbare gesondheidsorg en onderwys vervang met ’n koeponstelsel sal die kwaliteit van albei dienste ongetwyfeld verhoog, maar selfs dan kan ek my voorstel dat politieke agitators gaan kla oor hoeveel beter die standaard van sorg is wat rykes kan bekostig relatief tot die waarde van die koepons waarop die armes moet staatmaak.

Daarom kan daar geen kompromieë wees oor regulasies nie, veral nie die regulasies wat kleinsake raak nie. Geen dienslewering deur die regering is vir ewig volhoubaar nie. Uiteindelik moet mense hul eie gesondheidsorg en opleiding kan bekostig. Daarom is ’n massiewe deregulering nodig, selfs groter as wat uiteengesit is in die tesourie se 2019-dokument “Towards an Economic Strategy for South Africa”. Ons het ’n regering nodig wat eerder struikelblokke wil verwyder as om hindernisse by te voeg.

En deregulering in gesondheid en onderwys sal die aanbod verhoog en die prys van albei verlaag.

Meer oor:  Mpiyakhe Dhlamini  |  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.