Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
MRK het gulde kans verspeel
Leopold Scholtz

Die regswetenskap is geen eksakte wetenskap nie, sal enige regsgeleerde bevestig. Nie alleen is die wet soms ’n bietjie vaag nie; twee en twee is by wyse van spreke nie altyd en in alle omstandighede presies vier nie.

Net so min is diegene wat reg moet spreek altyd ’n onbeskrewe blad sonder vrees of vooroordeel. Die beeld van die dame Justitia wat met ’n blinddoek om haar oë ’n weegskaal in haar hand vashou, is ’n ideaal wat nie altyd aan die werklikheid (kan) voldoen nie.

Dalk moet ’n mens die Menseregtekommissie (MRK) se oordeel dat Julius Malema hom nie aan haatspraak skuldig gemaak het nie, in dié lig beskou.

Malema is verkla omdat hy onder meer gesê het dat hy nie die afslag (“slaughtering”) van wit mense bepleit nie – in elk geval nie nóú nie.

Jy sou maklik in dié woorde ’n implisiete dreigement vir die toekoms kon lees – as die wit mense nie hul grond vrywillig afstaan nie, kan die afslag van wit mense blitsvinnig ’n werklikheid word.

Die Grondwet (art. 16) waarborg vryheid van spraak, behalwe dié beperkings in subartikel 2:

  • Propaganda vir oorlog;
  • Die aanstigting van dreigende geweld; en
  • Die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak.
Dat hy die grens nie ver oorgesteek het nie, net met ’n halwe millimeter.

Voldoen Malema se uitspraak aan dié beperkings?

Enersyds het hy nie geweld (“nie nóú nie”) bepleit nie. Dus sou jy met ’n bietjie goeie wil tot die gevolgtrekking kon kom dat dit nie volgens die grondwetlike definisie haatspraak is nie.

Tog, op die allerminste sou jy kon sê dat hy ’n halwe millimeter van die grens gaan stop het. Op die allermeeste sou jy kon sê hy toets die grens.

Maar dis hier dat die oneksaktheid van die regswetenskap inkom.

Omdat Malema – as jy die volle konteks in ag neem – dreig met geweld, sou jy ewe goed kon bevind dat dit wel deeglik haatspraak is. Dat hy die grens nie ver oorgesteek het nie, net met ’n halwe millimeter.

Diegene wat regspreek, is ménse, nie masjiene nie. Dis ménse met ’n eie agtergrond wat hul karakters gevorm het.

Nie almal wat die reg moet vertolk, sal elkeen tot presies dieselfde oordeel kom nie. Dis nie soos ’n rekenaar wat by die invoer van dieselfde feite altyd dieselfde antwoord sal uitspoeg nie.

In dié geval moet in aanmerking geneem word dat die lede van die MRK oorwegend swart en bruin is, in elk geval mense wat deur die ANC-regering benoem is.

Hul natuurlike neiging sal wees om Malema die voordeel van die twyfel te gee, nes mý natuurlike neiging sal wees om Malema hel te gee.

Hul natuurlike neiging sal logieserwys wees om Malema die voordeel van die twyfel te gee, nes mý natuurlike neiging sal wees om Malema hel te gee.

Tog, alles in aanmerking geneem, is dit jammer dat die MRK Malema toegelaat het om die grens tot óp die grens te toets. Strategies beskou sou dit ter wille van die openbare gesprek beter gewees het om hom in die bek te ruk.

Daar was nou al verskeie voorbeelde van wit mense wat aan haatspraak of crimen injuria skuldig bevind is nadat hulle rassistiese uitlatings oor swart mense in die openbaar gemaak het.

’n Mens dink aan Penny Sparrow en Vicki Momberg. Albei moes diep in die stof buig oor hul onbetwisbaar verwerplike uitsprake. Maar Velaphi Khumalo, wat wou hê Suid-Afrikaanse wit mense moet op dieselfde manier behandel word as die Jode in Nazi-Duitsland, het net ’n tik op die vingers gekry.

En nou het Malema verneem hy mag maar wit mense met ’n slagting dreig, solank dit vir die toekoms geld.

Suid-Afrika het wetstoepassers nodig wat verder kan dink as wat hul neus lank is.

Scholtz is ’n onafhanklike kommentator.

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Julius Malema  |  Haatspraak  |  Rassisme  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.