Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
M.T. Steyn tuis op Onze Rust of dalk Oranje

Die heilige grond van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke en die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein lyk na ’n gepaste keuse vir pres. M.T. Steyn se stand-beeld, argeloos verwerp deur die verloopte Universiteit van die Vrystaat waarvan hy ’n grondlegger was.

Nog ’n plek waar dit hartlik ontvang behoort te word, is die skoolterrein van die draers van die geel pampoenrokke – die uitnemende Hoër Meisieskool Oranje in Aliwalstraat, waarvan Steyn, soos die UV, ook ’n grondlegger was. Anders as by die UV tot sy blywende eer.

Watter ouer wat ’n dogter op Oranje gehad het, bemin nie dié skool nie? In ’n geraamde foto op my lessenaar lag myne my toe, haasbek met boksterte in ’n pampoenrok. Haar eertydse skoolhoof, die gedugte “Juffrou Spies”, het vanjaar 103 jaar oud geword in die Altena-aftreeoord in die Strand.

Die woord “oranje” was ’n onafskeidbare deel van Steyn se lewe. Sy lewenslange verbintenis met die Oranje-Vry-staat, nou net “Free State Province” is juis tragies beëindig toe hy op 28 Novem-ber 1916 die Oranje-Vrouevereniging (OVV), nog een van sy merkstene, in Bloemfontein toege-spreek het.

Watter ouer wat ’n dogter op Oranje gehad het, bemin nie dié skool nie? (Myne in ’n pampoenrok?.?.?.)

Pres. Steyn het die Meisieskool Oranje dalk liewer gehad as Onze Rust, sy plaas tussen die ysterklipkoppies op die Suid-Vrystaatse rooigrasvlaktes. Ná vier geslagte is dit steeds die bakermat van die Steyns, nou onder sy agterkleinseun, Colin, seun van sy hooggeëerde kleinseun en naamgenoot, appèlregter M.T. Steyn. Hartlike, joviale “Theunie”, soos sy bure hom genoem het.

Die Marais’s van Koppieskraal, Van der Lin-des van Aandgloor, Van Wyks van Sandkraal, Bassons van Rietfontein, asook die Steygers, Van Zyls, Bekkers – ou, nederige boerefamilies by wie hy daarop aangedring het om nie as “regter” of “appèlregter” aangespreek te word nie. Sy gasvrye vrou was net “Yvonne”.

Nederigheid was een van Steyn se uitnemende karaktertrekke. Maar as jy van kleins af geskool is om mense in gesagsposisies te respekteer, is dit moeilik. Ek kon my nie so ver kry om hom “Theunie” te noem nie. Toe hy in 1978 as administrateur-generaal van Suidwes-Afrika aangestel is, het sy bure hom op ’n boere-onthaal op Onze Rust kom groet. Sy afskeidswoorde: “Ek kom terug Onze Rust toe!” Soos sy oupa, pres. Steyn, ná die Boere-oorlog, hét hy.

Die vraag is nou of die Steyn-beeld nie moet terugkom Onze Rust toe nie. Dalk onder die “Boom van Samekoms” waar hy gaste ontvang en diep, raadgewende gesprekke met tydgenote, oudkamerade en politieke leiers oor die toe-koms van Suid-Afrika en die Afrikanervolk ge-voer het. Sal dit daar veilig wees teen onteiening sonder vergoeding? Sal dit by die Vrouemonu-ment veilig wees? Daar word juis nie meer van die Anglo-Boereoorlog gepraat nie, maar van die “South African War”.

Wie sal weet?

Meer oor:  M.T. Steyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.