Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Dringender boodskap as ‘tyd raak min’
Elise Tempelhoff

Kyk na die res van die wêreld. Brande woed in groot dele van Kalifornië in die VSA. Die kwik in ’n dorpie in die noordooste van die Siberiese yslandskap het in Junie vanjaar tot 38 ºC gestyg, die hoogste in menseheugenis. Metaan, ’n kragtige kweekhuisgas wat millennia in die grondys in die Arktiese Sirkel vasgevang was, word nou in die atmosfeer vrygestel. Daarmee saam word ongeëwenaarde hoeveelhede koolstofdioksied ook in die atmosfeer by Siberië vrygestel.

Groenland se gletser smelt, asook ysbanke in Antarktika. En intussen styg die seevlak.

John Scales Avery, ’n teoretiese chemikus verbonde aan die Universiteit van Kopenhagen, se jongste boek, Our World Is Burning, het verlede maand verskyn. Hy skryf daar moet “onmiddellik” opgetree word. Daar is ’n dringendheid in sy boodskap. Dis heel anders as wat ’n mens gewoonlik op klimaatberade hoor waar die woorde “die tyd raak min vir daadwerklike optrede” elke jaar soos ’n refrein opklink.

Avery sê sonder om te skroom waar die probleem lê: Die meeste sakelui en politici lê nét klem op geld en ekonomiese groei. Die natuurlike omgewing is ’n bysaak terwyl die biosfeer en die beperkte funksionele vermoëns van ekostelsels die kern van ekonomiese groei behoort te wees.

In Suid-Afrika is water byvoorbeeld nie die kern van die Nasionale Ontwikkelingsplan nie. En nuwe steenkoolmyne kruip daagliks nader aan dorpe en riviere.

In Suid-Afrika is water byvoorbeeld nie die kern van die Nasionale Ontwikkelingsplan nie. En nuwe steenkoolmyne kruip daagliks nader aan dorpe en riviere.

Avery skryf in die voorwoord van sy boek: “As ons die menslike beskawing wil red, moet ons onmiddellik ophou om steenkool te myn en vir gas en olie te boor. Woude, soos dié in die Amasone en elders, moet met burgerlike mag en opstand teen ontbossing vir beesboerdery en die uitbreiding van plantasies vir palmolie beskerm word.”

Hierdie bewaringsaksies word meestal teengestaan deur diegene met gevestigde ekonomiese belange. Avery skryf voorts: “Die magtige maatskappye wat by fossielbrandstowwe betrokke is, is desperaat om hul ondergrondse bates (steenkool, gas en olie) in geld om te sit – ten koste van alle lewe op aarde.”

Hy wys ook daarop dat korrupte politici reusagtige bedrae ontvang vir die verkoop van hul land se hulpbronne aan steenkoolmynmaatskappye en oliebaronne.

Dit is ’n komplekse onderwerp, want ons sal elke aspek van ons lewe moet verander: Van die klere wat ons dra, die verkoeling in ons huise en dit wat ons eet. Die opwekking van krag en ons daaglikse gebruik daarvan is ten nouste met ons leefwyse verbind en sal byvoorbeeld drasties moet verander as ons ’n leefbare planeet vir ons nageslag wil nalaat.

  • Tempelhoff is ’n vryskutomgewingsjoernalis.
Meer oor:  Elise Tempelhoff  |  Hittegolf  |  Omgewingsbewaring  |  Aardverhitting  |  Son
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.