Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Kamer wat keer dat dié drome verdrink
Esté Gross

Die knellende droogte, beurtkrag en chroniese skaarste in die alledaagse bestaan in Suid-Afrika is ’n vaal kleur wat ons belewenis van die werklikheid kan besoedel.

Maar dit is noodsaaklik dat die droë stof van skaarste nie ’n kombers gooi oor ons eie visie en denke nie. Die mens het die vermoë om uit te styg uit ’n bewolkte werklikheid. Ons moet net weer waag om kreatief en anders oor onsself te dink.

Pablo Picasso het gesê: “Alle kinders is gebore kunstenaars, die probleem is om ’n kunstenaar te bly wanneer jy grootword.”

Sir Ken Robinson, bekende opvoedkundige, meen kinders kry nie die kans om te groei in kreatiwiteit nie en word dikwels uit hul kreatiewe vermoëns uit onderrig. Dit het die gevolg dat baie mense nooit hul talent ontdek nie. Die mite dat talent net vir ’n enkele paar uitverkorenes beskore is, is ook ’n gifdoder. Talent is orals, dit moet net ontgin word.

Soos ’n plek wat ek onlangs ontdek het. Versteek op ’n klein stoepie, op die boonste vloer van ’n restaurant in Parkhurst, kom ’n paar kunssinniges gereeld bymekaar.

Die oopmikrofoonaand keer dat drome verdrink. Die kamer was tot oorlopens toe vol.

Die oopmikrofoonaand keer dat drome verdrink. Die kamer was tot oorlopens toe vol. Die meeste mense staan omdat daar nie genoeg sitplek is vir almal nie.

Die kamer vol amateur- en professionele digters, sangers, instrumentaliste en akteurs is voëls van eenderse vere.

Lucky Moss is een van die eerstes agter die mikrofoon. Met ’n bruin A4-skryfboek in die hand begin hy om sy gedig “Poem Expression” voor te lees:

“Years ago with a poem in my hands I was born / With a noun in my hands and a verb, a strong herb / Single I was in my struggle, I wish I could fly like an eagle.”

Die gehoor klap hande. Vanaand is Lucky ’n digter, ’n bewaarder van woorde. Bedags pas hy motors op. Die operasanger in die hoek het Lucky­ by die Emmarentiadam ontmoet en hom saamgenooi. Sodat hy ook uiting aan die woorde binne hom kan kry.

Lucky is van Welkom, jonk met matriek agter die blad en sy drome nog broos in sy hand.

Lucky is van Welkom, jonk met matriek agter die blad en sy drome nog broos in sy hand. Al is sy daaglikse hulpbronne skaars, is sy woorde die vrugte wat vanaand sy eie en ander se knapsakke vul.

Hy sê aan my: “In life we all have different mission statements – mine is to share my expe­riences with people.”

Sir Ken sê menslike hulpbronne is net soos natuurlike hulpbronne, hulle lê dikwels diep versteek. Skep die omstandighede waar dit ontgin kan word, dan sal jy sien – talent is volop.

In ’n kamer vol dromers word talente ’n ongeskonde en oorvloedige werklikheid.

Dit is ’n plek waar die maatemmer oor versteekte talente gelig word.

Hier loop bekers oor en word die idee van skaarste en skaamte by die deur gelos.

Meer oor:  Esté Gross  |  Skrywers  |  Digters  |  Drome  |  Kunstenaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.