Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Kattestorie uit ’n tronk in Nebraska, VSA
Annelie Botes

Toe ons Sarel-kat in die lente van 2018 vanuit nêrens by nommer 22 aangekom het, het hy ’n vars energie saamgebring. Kennelik nog jonk en spelerig.

In Engeland het ons Nasti-kind twee gemmerkatte aan wie sy verknog is. Hulle lewe ’n beter lewe as Harry en William, want hulle het nie die sorge en pligte van prinse nie. Net die weelde.

Toe sy Desember kom kuier het, bring sy vir Sarel ’n speelmuis. Binne ’n week het hy die Ingelse muis se stert uitgetrek en hom aan flarde gespeel. Nasti sê sy is spyt sy het nie tien gebring nie. Maar sy het haar misreken met die aanvalswyse van Afrika-katte.

Gelukkig had ek die patroon van die muis op papier afgetrek, want ek het gesien hier kom verwoesting. Só sit ek Nuwejaarsdag met ’n naald en gare op my kooi om vir Sarel ’n muis te maak, die derde een, terwyl ek televisie kyk: Must Love Cats.

Ek weet daar is mense wat om redes van hul eie nie van katte hou nie. Maar of jy van katte hou al dan nie, ’n kat is en bly ’n wollerige en knus troeteldier. Iewers het ek gelees die spinklanke van ’n kat werk kalmerend en helend op die mens in. Daarom lê hulle teen jou longkas as jy brongitis het, en skyn te weet wie in die huis is emosioneel in nood, want dis by daardie mens dat hulle snags gaan opkrul.

Op Must Love Cats hoor ek toe ’n rare storie. Hoe daar in ’n wildewragtigtronk in Nebraska, Amerika, katte in die mansafdeling ingebring is. Later ook in die vroueafdeling.

Daar word vertel die koue, skoorsoekende atmosfeer het in ’n oogwink verander. Want ineens het gewoontemisdadigers ’n kat wat spin as hy gekam word.

Nie as rotvangers nie, maar as metgeselle. Die owerhede gee speelgoed, borsels, sandkassies, kos, veeartsenydienste. Maar die gevangenes neem baasskap vir die katte se versorging.

Daar word vertel die koue, skoorsoekende atmosfeer het in ’n oogwink verander. Want ineens het gewoontemisdadigers ’n kat wat spin as hy gekam word. Iets wat met erbarming teen sy bene skuur of snags op sy koue sementkooi kom slaap. Dalk het sy familie hom verstoot en hy het in jare geen liefdesaanraking ervaar nie.

In die vroueafdeling waar daagliks en nagteliks soos feekse baklei en geboelie is, het verharde vroue se moedersinstink teruggekeer. Hulle het begin kombersies brei en speelgoed gemaak. Vir die katte kinderliedjies gesing, hul naels gevyl, hul kos met die katte gedeel. En aansienlik minder gevloek. Wee die een wat ’n kat afknou.

Binne enkele maande het die katte reggekry wat sielkundiges en tronkbeamptes in jare nie kon vermag nie – om ’n gees van agape en beskutting te skep wat soos suurdeeg deur elke dag se tronkgenadeloosheid trek.

Nou wonder ek oor die derduisende hawelose katte in ons land. Hulle sal nie weet hulle slaap op ’n tronkkombers nie. Hulle weet nie van veroordeling of verwerping nie. Al wat hulle vra, is liefde en kos.

Is daar dalk vir óns oorvol tronke iets tot redding te leer uit Nebraska?

Meer oor:  Annelie Botes  |  Katte  |  Gevangenes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.