Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Keuse tussen ANC en apatie
Rapule Tabane

n Vriend wil weet of ek dink die naamsveranderinge in die Oos-Kaap gaan die ANC help om die munisipale verkiesing in die streek te wen. Ek dink dit is onwaarskynlik.

Daar was al soveel negatiewe reaksie op die naamsveranderinge van mense in die gebied wat glad nie met die nuwe name identifiseer nie, nie weet waar dit vandaan kom of hoekom dit beduidend is nie.

Port Elizabeth is byvoorbeeld verander in Gqeberha, ’n rivier wat deur die stad vloei. Baie mense wonder hoekom die naam nie net in Ebhayi verander is nie, want dit word reeds informeel gebruik om na Port Elizabeth te verwys. Selfs diegene wat sterk ten gunste was van ’n naamsverandering, bevraagteken of daar genoeg konsultasie was.

Naamsveranderinge gaan nie die ANC help nie, want baie Suid-Afrikaners is arm en sukkel om te oorleef. Hulle probeer een maaltyd ’n dag te eet, seker te maak hul kinders kry ’n goeie opvoeding en probeer werk kry.

Die ANC-regering sou ’n groter impak gemaak het deur byvoorbeeld die spesiale R350-toelaag vir werklose mense tot einde vanjaar te verleng. Maar die regering kan dit nie meer bekostig nie, want daar is nie meer geld nie.

So, terwyl naamsveranderinge wel simbolies belangrik is, het dit geen impak op leë mae nie – die een ding wat kan veroorsaak dat iemand van besluit kan verander.

Dinge kan drasties verander tussen nou en dan, maar ek dink dit gaan uiteindelik ’n keuse wees tussen die ANC en apatie.

Die gesprek met my vriend het my ook laat wonder wat kan gebeur in die munisipale verkiesing, wat tussen September en November gehou gaan word. Dinge kan drasties verander tussen nou en dan, maar ek dink dit gaan uiteindelik ’n keuse wees tussen die ANC en apatie.

Die politieke landskap en mense se gemoedstoestand laat my vermoed ons gaan die laagste stempersentasie tot nog toe hê. Die geskiedenis wys wanneer Suid-Afrikaanse kiesers ontnugter word met hul party, is daar by hulle geen motivering om dié party te straf deur vir ’n ander party te stem nie.

Hulle kies eenvoudig om glad nie te stem nie omdat hulle glo dit maak nie meer saak of hulle stem of nie.

Die DA het steun aan die VF Plus afgestaan en die verkiesing van John Steenhuisen en Helen Zille om die party te lei, het ook gelei tot die persepsie dat die DA nie meer omgee vir nierassigheid nie.

Met ons stede wat uitmekaarval en vuil is en water- en kragvoorsiening wat onbetroubaar is, is daar geen rede meer om dié in magsposisies – meestal die ANC – te steun nie. Maar baie min voormalige ANC-kiesers is gemotiveerd om vir ander partye te stem, vandaar die groot apatie wat ons gaan sien.

Die twee grootste opposisiepartye, die DA en die EFF, gryp nie die publiek se verbeelding aan nie. Daar is vanjaar geen rede vir opposisiepartye om optimisties te wees oor die verkiesing nie. Dis anders as in 2016 se munisipale verkiesing, toe dit duidelik was die ANC moet gestraf word weens Jacob Zuma se streke.

Die DA het steun aan die VF Plus afgestaan en die verkiesing van John Steenhuisen en Helen Zille om die party te lei, het ook gelei tot die persepsie dat die DA nie meer omgee vir nierassigheid nie. Steenhuisen en Zille het nie sjarme of charisma nie en daar is niks aan die twee wat ’n besluitlose kieser aantrek nie.

Die EFF kan dalk in die landelike provinsies effe groei, maar in stedelike gebiede vertrou kiesers hom glad nie. Hy verander ook daagliks sy standpunt oor kwessies en sy leiers kom arrogant en oneerbiedig oor. Ek dink wel die IVP kan nog in KwaZulu-Natal groei.

As kiesers besluit om nie te stem nie, is dit tot voordeel van die ANC, want in elke uithoek van die land is daar ANC-lojaliste wat áltyd by die stembus sal opdaag. Die meeste ander partye het nie sulke steun nie.

So as kiesers wegbly, gaan die kerngroep van ANC-kiesers ons lot bepaal.

  • Tabane is politieke redakteur van City Press.
Meer oor:  Rapule Tabane  |  Naamsveranderings  |  Verkiesing  |  Naamverandering  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.