Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Kort lysie van lesse uit hierdie dae

Ek sien nou die dag ’n foto van oom Paul se standbeeld wat nou al weer, saam met omtrent elke liewe standbeeld oor die wêreld heen, onder beleg is.

Op die foto vlieg ’n eskader duiwe oor, maar hulle het die oom genadiglik gemis.

Ja, dis tye van “Rhodes must fall”, “Washington must fall”, “Lincoln must fall” en “Schuster must fall”.

Blouwillem
Blouwillem

Ai, mense, ek het dan saam met daai man (nie oom Paul nie, maar ou Schus) in ’n restaurant gesit terwyl die kelners vuis geslaan het om Mr Bones te bedien!

Schuks, nou mag ek net in my mou lag (en hoes) vir sy snaaksighede. Maar nou ja, soos Dik Daan sê, dit lyk vir hom geskiedenis is iets van die verlede.

Net asof daar nie die laaste paar maande genoeg belangrike sake was om ons kop besig te hou nie.

Soos ou Helgard daar uit Bloem sê: Hy verlang na die dae toe ons grootste bekommernis was of Faf in die volgende wedstryd weer so baie gaan skop.

Ja, sedert ou Faffie se laaste “up en under” was ons self ook al op en onder en weer op.

Eers grendel, toe grendelpendel en nou weer volstoom op pendel met nie ’n oop parkeerplek by enige winkelsentrum nie.

Ons kyk nou die week weer Gabriel García Márquez se Love in the Time of Cholera en hoor “the heart’s memory eliminates the bad and magnifies the good and so endures the burden of the past”. En toe maak ek in my agterkop ’n kort lysie van wat ek eendag van hierdie dae sou kon leer en onthou.

Maar nou ja, soos Dik Daan sê, dit lyk vir hom geskiedenis is iets van die verlede.

Die eerste is dat daar niks is wat ’n vrou nie kan skoonmaak of regpak nie.

Tweedens, dat ’n Gauteng-granaat 937 pitte het.

Derdens, dat net Ephraim my grassnyer (en vir my) verstaan.

Vierdens, dat ’n man net sóveel keer kan kyk na 1995 se Wêreldbeker-wen en vyfdens dat die eerste Kook en geniet van 1951 steeds die lekkerste resepte het.

Dan ’n spesiale woord van dank aan: Eksdom, wat ons amper nooit in dié dae in die duister gelaat het nie, aan Pieter, wat deur dun en dun my koerant elke oggend net ná vier afgelewer het (en natuurlik die vriende wat dié ou lekker dingetjie elke dag geskryf het), aan ou Barry, wat toe hy teruggevlug het Holland toe, sy koffiemasjien by my gelos het vir veilige bewaring (asook sy Bergkelderwyne), aan Weskus Hennie, wat elke dag die mooiste Jou Tjoep-musiek vir ons gestuur het, my liewe ander helftetjie wat ongeveer 150 spelle Krabbel saam met my gespeel het sonder om te kroek, en laaste maar nie die minste nie, ou Ross en al die ander slagters wat ons braaivleisvure aan die brand gehou het.

Laastens, al my liefde en dank aan oompie Fritz, dat jy my tweede pa was en dat ek een van die uitverkore 50 kan wees wat jou dié week gaan groet.

Meer oor:  Menings  |  Blouwillemaandag.  |  Lysie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.