Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Kruis in DC, gekaapte Jesus en wit terreur

Dit is iets wat min aandag ná die terreur in Washington DC kry: Die groot kruis wat Donald Trump se skurke op Capitol Hill opgerig het. So ewe langs ’n galg en met plakkate met die woorde op: “Jesus saves.”

Wat Trump se kruisvaarders hiermee sê, is: Ons val ons eie regeringshoofkwartier aan in opdrag van Trump, die heilige, en in die naam van Jesus. Dit is die kruistog waarin hulle visepresident Mike Pence, speaker Nancy Pelosi en ander politici wou hang. Dus ’n Ku Klux Klan-bende in 2021.

Die uiteinde is dat vyf mense gesterf het, insluitende ’n polisiebeampte, Brian Sicknick. Nóg ’n beampte wat aan diens was in die waansin, Howard Liebengood (51), het homself om die lewe gebring. Die man wat ’n eed afgelê het dat hy sy land sal beskerm, word aangekla van die aanval teen die setel van sy eie mense.

Trump het met sy aanhitsing, leuens en verbale aanvalle op almal sy ondersteuners fanaties gemaak. Soos Trump niks omgee oor die vyf mense wat gesterf het nie – en nog minder voel vir die meer as 130 000 Amerikaners wat onder sy bewind weens die koronavirus gesterf het – pla dit hulle glad nie. Trump is altyd reg, só glo baie Afrikaners ook.

Die fanatisme wat Trump ontketen het, is onder baie Afrikaanse Trump-aanhangers te sien.

Die voorsitter van ’n radiostasie se trustees skryf vandeesmaand op Facebook: “My hart is baie seer oor die val van Amerika. Ek beskou die Demokrate en almal wat Biden ondersteun as misdadigers, ja duiwelskinders. En alle Amerikaners wat die magsoorname nie aktief teenstaan nie – soos die Republikeine in die kongres en ook Mike Pence – as verraaiers. Hierdie is ’n groot slag vir die Christendom. Mag ons Vader ons genadig wees.”

Hierdie Facebook-boodskap word oorweldigend gesteun.

Die fanatisme wat Trump ontketen het, is onder baie Afrikaanse Trump-aanhangers te sien. En dié fanatisme is in ’n sous van vergelding, haat, eiegeregtigheid en godsdiens gedoop. Jesus is gekaap, ’n safaripak aangetrek en die kakie-profete het hul grys Grasshoppers op Sy kop.

Dié fundamentalisme is besig om deur te syfer na die NG Kerk. Dit wat die Moreletapark-wegbrekers doen, gesteun deur gemeentes in die Riemland in die Vrystaat en Noordwes, is niks anders as immoreel nie. Terwyl die kerk in die ergste krisis wat die mensdom sedert die Tweede Wêreldoorlog tref in Jesus se liefde moet uitreik na alle mense, wil dié gemeentes wegbreek oor gays in die kerk. Dit is liefdeloos en onchristelik.

Lees die “vertroulike” briewe waarin ds. André Bartlett aangekla word oor die gay-kwessie. Dit is iets so reg uit die Middeleeue. Die ergste is dat die kerk tjoepstil is hieroor. Oor dié verhoor, ’n nuwe fundamentalisme en die regse kaping van Jesus.

Ons is midde-in ’n stryd tussen die lig van kennis en liefde en die duisternis van fundamentalisme en haat wat tot die wit terreur in Washington DC gelei het.

Laat kennis en liefde wen.

Meer oor:  Charles Smith  |  Jesus  |  Terreur  |  Amerikaanse Politiek  |  Politiek  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.