Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Land kan nie deur beledigings geregeer word

In normale omstandighede sou ’n mens pres. Donald Trump moes jammer kry. Hy loop hom teen mure vas en kan nie sy politieke program vir die land aan die gang kry nie.

Die belangrikste terugslag van vandeesweek was waarskynlik twee federale regbanke – een in Hawaii en die ander in Maryland – wat sy dekreet om reisigers uit ses Midde-Oosterse lande binnekoms in Amerika te weier onwettig verklaar het. In Amerika mag die president dekrete met regskrag uitvaardig, maar dit mag nie in stryd met enige wet of die grondwet wees nie.

Dit is die tweede keer dat ’n dergelike Trump-dekreet uitgegooi word. Wéér was die regbank se bevinding dat dit teen Moslems diskrimineer en dus ongrondwetlik is.

Trump het kwaai geprotesteer teen die regters wat na sy mening die grense van hul magte oorskry. Die kanse lyk goed dat die saak uiteindelik ’n draai in die hooggeregshof gaan maak.

Maar Trump loop hom ook op ander terreine vas.

Met sy entoesiastiese steun is begin met die proses om Obamacare – oudpres. Barack Obama se skema om arm Amerikaners toegang tot siekefondse te gee – om te keer. Dit sal 24 miljoen armes van bekostigbare siektesorg stroop, en dit het reeds tot heftige konfrontasies tussen kiesers en Republikeinse kongreslede op voetsoolvlak gelei. Nou het die speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Paul Ryan, toegegee die wetsontwerp sal verander moet word. Presies hóé, sal ’n mens moet sien, want ideologiese verset kom ook van konserwatiewe Republikeine wat die huidige voorstelle as “Obamacare lite” bestempel.

Trump sit in die middel. Sy steun aan die nuwe wet spruit uit sy intense hekel aan sy voorganger, maar dit kan sy tog al wankelende steun nog verder aantas.

Hy het uit pure frustrasie blykbaar al verskeie kere op sy personeellede geskreeu.

Ten slotte het Trump sy eerste begroting aan die Kongres gestuur. Dié hou die beursie vas en moet dit goedkeur.

Trump wil die uitgawes aan verdediging, binnelandse veiligheid en veteranesake skerp opstoot. Terselfdertyd word dié aan landbou, omgewingsbewaring, die departement van buitelandse sake, asook federale steun vir gesondheidsorg en die skone kunste erg besnoei.

Uit beriggewing in die Amerikaanse media is dit duidelik dat Trump nie slegs teenstand van sy Demokratiese opponente kan verwag nie. Ook sekere Republikeine is taamlik ongelukkig, en dis baie moontlik dat hulle aansienlike veranderings kan eis voordat hulle die begroting sal steun.

In die media verskyn gereeld onbevestigde berigte, gegrond op wat uit die Withuis uitlek, oor Trump se toenemend slegte humeur. Hy het uit pure frustrasie blykbaar al verskeie kere op sy personeellede geskreeu.

Maar nou ja, as jy reken jy kan ’n land deur middel van beledigings regeer . . .

Meer oor:  Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.