Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
'n Lewe: Formidabele senator was ook minister se skelmpie
Adrienne Koch

Adrienne (Kuki) Koch (82) was op 27-jarige ouderdom die eerste Engelssprekende vrou en Jodin wat burgemeester van die Paarl in die Boland geword het.

“My teenstanders het my probeer beswadder deur te sê: ‘As jy vir haar stem, kan jy sommer met haar slaap’,” het sy vertel. “Hulle was seksisties, in daardie jare was dit byna ongehoord om ’n vrou buite die kombuis te sien werk.”

Koch was produktief, ambisieus, aweregs, gesofistikeerd, dinamies en ’n robuuste debatteerder. Haar harde werk het vrugte afgewerp toe sy in 1978 ’n senator word en later in die Presidentsraad aangestel is.

“Sy het tussendeur drie kinders grootmaak, uitmergelende politieke werk en ’n magdom ander take verrig, ’n dik boek

binne twee dae klaar gelees. Haar algemene kennis was ontsaglik,” vertel haar seun

Martin.

Koch was die dogter van die Springbokrugbyspeler Frank Waring, die eerste Engelssprekende minister in die NP en die man wat Dimitri Tsafendas teen die grond gestoei het nadat hy Hendrik Verwoerd gesteek het.

Haar dogter, Judy Swan, het uit Sydney laat weet: “Sy was ’n Boeddhis, Jodin, kenner van Proust, liefdevol, vreesaanjaend, Rubenesque, ’n aktivis, formidabel, ek was lief vir haar met haar foute en al.”

Koch het naby die Jukskeirivier in Bramley, Johannesburg, grootgeword. Sy het die skool Roedean bygewoon. As jong vrou was sy ’n paar keer verloof. Sy het graag vertel hoe sy destyds geweier het om die huis se voordeur oop te maak.

“Netnou raak ek weer verloof!” het sy gespot. Sy het haar man, Arnim, by die Wanderers-swembad ontmoet. “Wie is daai padda in die water?” het sy gevra. As getroude paartjie is hulle eers na Oos-Londen, waar sy met die koerantman Donald Woods bevriend geraak het. Daarna is hulle Paarl toe.

In ’n boek oor haar ma skryf haar dogter haar ma het ’n lang verhouding met die destydse minister van justisie, Kobie Coetsee, gehad. Hulle het saam ’n liefdesnessie in ’n woonstel in Groenpunt gedeel.

“Hy het sielkundige speletjies met my gespeel, ek het hom gehaat, maar hy was onweerstaanbaar,” het Koch later gesê. Die dag toe PW Botha as president bedank, het sy ook die verhouding met Coetsee beëindig.

Koch het aan alzheimersiekte gely en is ná ’n beroerte in ’n tehuis in Rondebosch oorlede. Haar man het haar in 2002, ná ’n huwelik van 46 jaar, ontval. Sy laat nog ’n seun, Simon, tien kleinkinders en twee sibbe agter.

Adrienne Jeanne Koch (gebore Waring), gebore 14 Julie 1935, oorlede 11 Januarie 2018.

Meer oor:  Sterfgeval  |  'N Lewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.