Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Naam is nie altyd net ’n naam, Lovey
Blouwillem

Min dinge fassineer my meer as die (dikwels gepaste) name van ons Zimbabwiese bure wat hier ter plaatse ’n heenkome kom soek.

As dit nie Innocent of Blessing is wat my motor by Ellispark oppas nie, is dit Gratitude en Brilliant wat by ou Frik se konstruksie-onderneming werk, die kelnerin Patience wat uiters vriendelike dog stadige diens by een van my gunsteling-restaurante lewer, Never, die loodgieter wat oor ’n langnaweek my oom Fritz se geiser moet kom uitsorteer en nou Forgive Sibanda, wat binne 24 uur skuldig bevind en gevonnis is vir diefstal van bankkliënte.

Nee, hy het nie bankkliënte gesteel nie, maar ván bankkliënte. Duidelik het sy voornaam nie die landdros se hart saggemaak nie.

Hy moes dalk ook maar eerder “Innocent” probeer het.

Pas in die nuwe Suid-Afrika het my grootbaas destyds ’n sekretaresse met die naam Lovey.

Een Sondagmiddag bel Lovey my wakker met ’n string opdragte van die baas en vir omtrent vyftien minute prewel ek slaperig “Yes, Lovey”, “No, Lovey”, “Certainly, Lovey”.

Terug in die kamer kry ek van my eie Lovey dáái kyk met die wenkbroutjies sulke hoë vraagtekentjies en toe die geldige ou vragie: “En wie is Lovey miskien, as ek mag vra?”

Ja, my ou maat, verduidelik daai enetjie ’n bietjie op ’n Sondagmiddag vir jou eie Lovey! En om te dink Lovey was nog ’n plaaslike Lovey en nie eens ’n Zimbabwiese Lovey nie.

Ja, dieselfde aand toe ou Albert ses van sy eie skape by sy plaas se ingang doodgery het (nee, nie in die pad nie, in die kampie langsaan die pad).

En so van Loveys gepraat: darem ’n mooi storietjie van die Rooidakskool in Boshof waar sewe onderwyseresse gelyk swanger is. Ja-nee, Levoetjie, dis duidelik nie net in Gauteng se skole waar die hoofde beheer oor onderwysers en kinders verloor het nie.

Gelukkig gaan die Rooidakskool in dié tempo darem nooit leegloop nie.

Dis natuurlik nie vir my so snaaks dat so iets in Boshof gebeur het nie, want daai’s nou ’n lekker dorpie met lekker mense!

Ek het al meer as een geleentheid daar bygewoon, maar een boerevereniging-manneaand in die skousaal staan uit.

Jy kon weet dat dit ’n besondere aand sou word toe ou Callie van der Merwe afkondig: “Manne, moet nou nie vanaand die kroegmanne lastig val met ‘tots’-bestellings nie. Julle het nou tien minute om jul bottels vir die aand te gaan kry.”

Ja, dieselfde aand toe ou Albert ses van sy eie skape by sy plaas se ingang doodgery het (nee, nie in die pad nie, in die kampie langsaan die pad).

Dik Daan het hierdie week ’n brief van die stadsraad vir sy hemelhoë moersipale water-en-ligterekening gekry met ’n stempel, “FINALE AANMANING”, daarop.

“Jy kan nie dink hoe dankbaar ek is nie; ek het mos gedog hulle gaan my nooit uitlos nie!” sê Dik Daan.

Meer oor:  Blouwillem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.