Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
'n Nasie wat vir dienste betaal, belê in toekoms

Suid-Afrikaners kan in hul toekoms belê deur vir dienste soos watervoorsiening en elektrisiteit te betaal, skryf Tuso Zibula.

Suid-Afrikaners belê in die toekoms deur vir dienste soos watervoorsiening te betaal, skryf Tuso Zibula. Foto: Ian Carbutt

In haar toespraak voor die gemeenskap van Empolweni in KwaZulu-Natal by die bekendstelling van die grootmaatwaterskema vir die uMshwathi-streek het Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, gesê die finansiële volhoubaarheid van vier waterrade “word in gevaar gestel en onder erge druk geplaas weens likiditeit en skuldkwessies wat hul finansiële posisies bedreig”.

Daar is berig dat munisipaliteite oor die land heen die waterrade meer as R12 miljard skuld.

Die onbedoelde gevolg hiervan is ongelukkig dat dit baie groot implikasies inhou vir waterrade se kredietgraderings sowel as hul vermoë om geld te leen. Laasgenoemde is van kritieke belang as ons waterrade strategiese waterprojekte van stapel wil stuur.

Net in KwaZulu-Natal alleen beplan die departement van water en sanitasie ’n aantal grootmaatwaterskemas wat sewe distriksmunisipaliteite sal insluit: Zoeloeland, Koning Cetshwayo, iLembe-distrik, uThukela, uMgungundlovu en Harry Gwala.

Daar is soms geldige redes waarom mense nie vir die dienste kan betaal nie.

Wanneer dié projekte voltooi is, sal dit na verwagting skoon drinkwater aan meer as ’n miljoen mense in KwaZulu-Natal lewer.

Die betreurenswaardige houding van mense wat nie bereid is om vir dienste te betaal nie, het nie net ’n invloed op die watersektor nie, maar ook op menslike nedersettings.

Daar is soms geldige redes waarom mense nie vir die dienste kan betaal nie. Ons kan egter nie ontken dat daar gevalle is waar burgers van die land doelbewus die fakture vir dienste wat gelewer is, ignoreer nie.

Die regering het deur die jare met ’n aantal programme en ingrepe begin om mense by te staan wat nie kan bekostig om vir dienste te betaal nie.

Dit sluit in gratis munisipale dienste aan behoeftiges en diegene wat daarvoor kwalifiseer. Sulke begunstigdes kan maandelikse voordele kry wat van basiese waterbehoeftes tot basiese energie-behoeftes wissel.

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie. Foto: Gallo Images

Miskien het dit tyd geword dat ons almal introspeksie doen oor hoe ons al saam met die regering gewerk het om basiese dienste aan sy mense te lewer.

Dit gebeur nogal dikwels dat wanneer ons oor vennootskappe praat, verwys ons na samewerking wat geldelike voordele inhou.

Sommige van ons sukkel om ’n vennoot van die regering te word deur te betaal wat ons skuld.

Ons het ’n morele verpligting om ons regering te help om sy mense te dien. ’n Deel hiervan is om nie betalings aan munisipaliteite te weerhou vir dienste wat gelewer is nie.

Ons munisipaliteite word byna R200 miljard geskuld. Die inkomste wat hulle uit skuldinvordering genereer, stel munisipaliteite in staat om basiese dienste te lewer.

Eenvoudig gestel: Deur in ’n omgewing te belê wat ons kinders in staat stel om op skool te floreer en later ’n aktiewe rol in ekonomiese ontwikkeling te speel verlig ons die las op die huidige belastingbetalers.

Ons moet almal gehoor gee aan minister Sisulu se wekroep dat “daar ’n kultuur van betaling moet wees vir dienste wat ontvang is”.

“As ’n verantwoordelike nasie moet ons ’n duidelike boodskap stuur dat huishoudings wat nie behoeftig is nie en in ’n posisie is om te betaal munisipaliteite moet betaal vir dienste wat gelewer is. Staatsdepartemente moet al hul skuld aan munisipaliteite betaal en munisipaliteite moet waterrade betaal vir grootmaatwater en dienste wat gelewer word.”

Dit is ’n belegging om vir dienste te betaal.

As ons ons ’n land sonder armoede wil verbeel, moet ons belê in infrastruktuur en maatskaplike dienste wat ten doel het om arm mense uit die strik van armoede te bevry.

Eenvoudig gestel: Deur in ’n omgewing te belê wat ons kinders in staat stel om op skool te floreer en later ’n aktiewe rol in ekonomiese ontwikkeling te speel verlig ons die las op die huidige belastingbetalers.

Ongelukkig was daar voorvalle waar mense, wat kan bekostig om vir dienste te betaal, met onwettige verbindings aan die kragnetwerk of waterpype die wet oortree het.

Ongelukkig lei dié onwettige verbindings nie net tot ’n verlies aan inkomste vir die owerhede nie, maar kan dit ook lewensverlies tot gevolg hê.

As ’n verantwoordelike burgery moet ons ons kinders leer dat niks mahala is nie.

Die vraag is: Wat leer ons hulle in ons huishoudings? Verwag ons van hulle om in die toekoms vir dienste te betaal as ons dit nie doen nie?

Ons moet ’n besluit neem en sê: Ek en my huis sal vir dienste betaal. Daarmee sal ons bydra tot die bou van ’n verantwoordelike nasie.

Zibula is direkteur: mediadienste in die ministerie van menslike nedersettings, water en sanitasie. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

Meer oor:  Tuso Zibula  |  Lindiwe Sisulu  |  Kwazulu-Natal  |  Water  |  Munisipaliteite  |  Belasting  |  Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.