Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘ ’n Nuwe sosiale kontrak’
Van die pryse wat die advertensieagentskap Net#work BBDO gesmelt het om iets terug te gee aan sy personeel.

Tegnologie het een van die minimum vereistes geword vir ondernemings om sukses te behaal.

Digitaal is ’n medium, soos gedrukte media was en steeds is. In 1922 is die eerste radioadvertensie in New York uitgesaai. En onthou jy die absolute wonder van klank en beeld op TV en die eerste advertensie op die kassie?

Die internet – en met tegnologie wat deurlopend ontwikkel – bied aan mense ’n meer verpersoonlike manier om in kontak te bly met ander.

So het Net#work BBDO byvoorbeeld in 2016 ’n bekroonde aanlyn kursus oor die taboe-onderwerp van vroulike gesondheid geskep. Ons het ook die wêreld se heel eerste buitelug-advertensiebord met sonpanele geskep waardeur krag opgewek is vir kombuise by skole se voedingskemas in Alexandra.

Nuwe SA, nuwe agentskap

Om mense te verstaan en dan kreatiewe en doeltreffende idees in alle mediums te skep is die kern van goeie advertensies.

Ons agentskap het in 1994 die lig gesien in ’n tyd van onsekerheid en seismiese verandering.

Net#work BBDO was die eerste advertensieagentskap wat in die nuwe Suid-Afrika begin is. Ons was vars en energiek en gereed om skeptici uit te daag en ons eie wedloop te hardloop.

Die een ding wat ons altyd kop en skouers bo die res laat uitstaan het en waardeur ons baie pryse gewen het – talle ’n eerste vir ’n Suid-Afrikaanse agentskap – was die mense.

Van die dapper en kompromie­lose gees van ons stigters, Mike Schalit en Keith Shipley, tot die legendariese leierskap van Boniswa Pezisa, wat verlede jaar in die Loeries-heldesaal opgeneem is.

Dankbaarheid

Verlede jaar het ons ook na nuwe kantore verhuis. Soveel verandering, so min geleentheid vir feesviering en om mense behoorlik vir hul bydrae te bedank.

Dit is ons DNS, ons gees, wat ons lei in ons plan om ’n nuwe nalatenskap te skep in hierdie tyd waarin Net#work BBDO sy 28ste jaar in die bedryf betree. ’n Nuwe nalatenskap wat begin deur dankbaarheid te betoon aan almal wat oor die jare deur ons deure gestap het.

As ’n onderneming wat ernstig geraak is deur die uitwerking van Covid-19, het ons die geleentheid gekry om ons agentskap te herbekyk en nuwe lewe daarin te blaas. ’n Kans om terug te kyk en om ons te kyk en ’n nuwe storie te begin.

Die hangertjies wat van die gesmelte pryse gemaak is. Daar is een vir elkeen van die personeellede.

Gekkigheid?

Die pandemie het ons herinner aan die dinge wat vir ons almal die meeste saakmaak – vir ons as individue en as ’n kollektief.

Daarom het ons al ons pryse gesmelt: Cannes, Loeries, Prisms, D&ADS, LIA’s, New York Festivals, Bookmarks . . . gesmelt tot in ’n vloeistof en dit alles herverbeel.

Is dit gekkigheid? Miskien. Maar ons lewe in ’n nuwe wêreld met nuwe sosiale kontrakte.

So, pleks dat al ons pryse op rakke in vertoonkaste staan en stof vergader, het ons dit afgestof, gesmelt en mooi gedink hoe ons dit kan plaas in die hande van ons 670 werknemers wat oor die afgelope 27 jaar gehelp het om ons maatskappy te bou.

Pryse word nie net gewen deur diegene wat op die verhoog staan om dit te ontvang nie. Of deur diegene wie se name in die krediete genoem word nie.

Die pryse behoort aan almal – ook diegene wat telefoonoproepe maak, koffie maak en help om al die stukke van die legkaart op die regte plek te kry.

Terwyl ons fokus altyd werk, werk en werk was, het ons nou ’n oomblik gehad om stil te staan en te dink aan mense, mense en mense.

’n Nuwe tydgees, ’n nuwe atmos­feer en ja, ook kanse om nuwe pryse te wen. Ons trofeekas se rakke staan dalk nou leeg, maar ons harte is vol en ons drome is groot.

Die advertensiewese is ’n besigheid. Maar dit het ook ’n hart.

Manne is die besturende direkteur van Net#work BBDO.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.