Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
’n Slagoffer van die denke-polisie
Willie Spies

In die lente van 1985 is ’n 41-jarige filosofieprofessor uit Engeland in die stad Brno in die destyds kommunistiese Tsjeggo-Slowakye in hegtenis geneem en aangehou.

Sy beweerde misdaad was dat hy akademies filosofiese literatuur uit die Weste na andersdenkende akademici in Oosbloklande gesmokkel en netwerke gevestig het van akademici wat krities gestaan het teenoor die kommunistiese bewind met hul ampsgenote in die Weste. Hy het reeds in 1980 daarmee begin en voortgegaan tot met die val van kommunisme in Oos-Europa in 1989.

Kort ná sy inhegtenisneming is hy uit Tsjeggo-Slowakye geskop en slegs toegelaat om te voet, met ’n kleinerige handtas, die grens van Tsjeggo-Slowakye na Oostenryk oor te steek. Op 17 Junie daardie jaar het die Tsjeggiese kommunistiese regering hom op die sogenaamde “Indeks van Ongewenste Persone” geplaas en daarna is hy, tot met die val van kommunisme in Oos-Europa, gereeld op sy besoeke aan Pole en Hongarye dopgehou en agtervolg.

Sy naam was Roger Scruton, ’n alumnus­ van die Universiteit van Cam­bridge. Hy word beskou as een van die grootste konserwatiewe filosowe van ons tyd.

Sy pa was ’n ingewikkelde karakter en sy ma ’n verfynde vrou wat, soos hy dit gestel het, die idee van waardige optrede en maatskaplike uitnemendheid gekoester het.

Sy pa was ’n ingewikkelde karakter en sy ma ’n verfynde vrou wat, soos hy dit gestel het, die idee van waardige optrede en maatskaplike uitnemendheid gekoester het. Ten spyte van ’n sekulêre opvoeding het hy hom aangetrokke gevoel tot die Christelike geloof en was hy ’n meelewende lidmaat van die Anglikaanse Kerk.

Op ’n besoek aan Danielle Laffitte, sy verloofde van destyds, in Parys, Frank­ryk, het die studenteopstande van 1968 in Parys uitgebreek. Scruton het later geskryf dat terwyl hy aanskou het hoe studente motors omkeer, keistene uitbreek en vensters stukkend slaan, ’n politieke woede in hom opgewel het.

Hy sou dit daarna sy lewenstaak maak om te help formuleer aan idees, ’n idioom en ’n ideeraamwerk wat die basis kon vorm van konserwatiewe politieke denke in Engeland en elders.

Hy het die behoefte ervaar om mooi dinge te bewaar eerder as te vernietig en dit was van daardie dag in 1968 af dat hy konserwatief geword het.

Hy sou dit daarna sy lewenstaak maak om te help formuleer aan idees, ’n idioom en ’n ideeraamwerk wat die basis kon vorm van konserwatiewe politieke denke in Engeland en elders.

As iemand wat deur ’n totalitêre bewind in die Oosblok vervolg en tot vyand­ verklaar is, was Scruton intens bewus van die fanatiese beheer wat maghebbers oor die denke van hul onderdane wil uitoefen. Hy het onlangs in ’n artikel in The Telegraph beskryf hoe heersers in die Sowjet-blok andersdenkende akademici eers sou kasty oor hul afwykende denke, hulle dan sou ten toon stel vir ’n openbare skuldbelydenis voordat hulle deur ’n vuurpeloton tereggestel word. Sy pleidooi was dat Westerse demokrasieë nie in dieselfde dwangbuis moet beland waarin ongewilde standpunte of oortuigings tot denke-misdaad verklaar word nie. Scruton het geweet waarvan hy praat.

In April verlede jaar het ’n Britse publikasie, New Statesman, hom genooi vir ’n onderhoud. George Eaton, adjunkredakteur, het grepe uit die onderhoud uit verband geruk sodat hy Scruton as rassis kon brandmerk en uiteindelik sy afdanking as voorsitter van ’n staatsadviesliggaam kon bewerk.

Eaton het die afdanking op Instagram gevier met ’n bottel sjampanje, maar moes later verskoning vra en Scruton is heraangestel. Peter Wilby, Eaton se redakteur, het later erken Eaton het die onderhoud soos ’n aktivis eerder as ’n joernalis benader.

Roger Scruton is Sondag oorlede aan kanker, wat kort ná hierdie gebeure by hom gediagnoseer is. Só het hy ’n slagoffer geword van die denke-polisie van die nuwe selfverafskuwende Westerse wêreld.

Meer oor:  Willie Spies  |  Rassis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.