Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ná 40 jaar is ek steeds nie ’n baas nie, Tami

‘Hy’s dood, kleinbaas.”

Ek het die dooie dassie teen die voet van die krans gaan optel.

Charles Smith

’n Straal bloed het deur sy bek oor my vingers geloop. Sy lyf was nog warm. Ek het aan die sagte, swart kussings onder sy pote gevat. Maar in my het ek so dood soos die dassie self gevoel. Kleinbaas.

Ek het omgedraai en na Tami gekyk wat die perde vasgehou het. Hy was nou in die dorpskool. Dit was ons eerste vakansie saam.

Jirre Tami, hoekom noem jy my kleinbaas?

Wou ek sê. Maar ek het niks gesê nie, net die geweer en die dooie dassie opgetel en na die perde gestap. Bloed het op my stewels gedrup.

Bó ons het ’n valk skerp geroep. In die populierbos onder Vogelfontein se berg het tarentale gefluit. Bó die berg het die weer opgesteek. Weerlig het een of twee keer geflits.

Ek onthou die reuk van reën wat die wind op só ’n dag gedra het. Druppels wat teen jou hoed slaan, teen jou jas afloop en die perd wat sy kop ruk en aan die stang byt.

Ons het in die saal geklim. Ek het die geweer in die selfgemaakte geweersak langs die saal laat gly. Tami het die dassie gevat en aan sy saal vasgemaak. Sy oë het geglinster. Dis vleis vir vanaand saam met die pap en marog.

Dit gaan reën. Ons moet nou ry, het hy gesê. Ons het die perde op die paadjie teen die berg gedruk. Ons het eenderse perde gery. Twee bont merries. Eenderse saals. Dieselfde tooms. Ons het dieselfde gedink. Dit kon nie anders nie, ons was ure elke dag mekaar se skaduwee. Vriende. Jagters, avonturiers in ons eie oë. Baie dae het ons om dieselfde pappot gesit en die pap met die hand geskep.

Die dooie dassie se bloed het met die reënwater gemeng en teen die perd se been afgeloop. Ek wou nie meer in sy dooie oë kyk nie.

Maar nou, skielik, was dinge nie dieselfde nie. Baas, het ek gedink. Soos jy soms sien hoe werkers met boere moet praat. Ek’s g’n baas nie, Tami. Ek is mos Thabiso.

Ons het teen die berg se rand uitgery. Die reënwind het ons hier in die gesig getref.

Ek kan nou nog sien hoe die seuns na ’n oorhangkop ry, vooroor gebuk teen die reën. Twee figure teen die grys lig.

“Môre gaan ons daai trrr-trrrs kry,” het Tami gesê, verwysende na die tarentale in die bos onder die berg.

Ek was nie meer lus vir jag nie. Die dooie dassie se bloed het met die reënwater gemeng en teen die perd se been afgeloop. Ek wou nie meer in sy dooie oë kyk nie.

Ons het onder ’n olienhoutboom gesit en kyk hoe die reën oor die veld uitsak en in die skemer wegtrek.

“Jy praat nie baie nie, hê? Jy is mos nou ’n baas, of hoe kleinbaas?”

Ek het ’n sarkasme in sy stem gehoor. En die vuur in sy oë gesien toe ek omkyk. Ek moes iets sê, hom slaan. Ek het net huistoe gery en die bloed van my hande probeer afvee. Ek is steeds géén baas nie, Tami, wil ek nou sê. Maar dis 40 jaar te laat.

Meer oor:  Charles Smith  |  Rubriek  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.