Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ná aardbewing is mummies se kuiers verby
Heinz Mödler
Heinz Mödler

Die pes wat gedurende die 14de eeu uitgebreek het, het miljoene sterftes veroorsaak.

Die oorsaak van die siekte, die organisme Yersinia pestis, is ’n kiem wat primêr rotte infekteer.

’n Mens doen die siekte op nadat ’n besmette vlooi op die rot ’n mens byt.

Hierdie situasie raak onvermydelik, want tydens ’n uitbreking sterf soveel rotte dat die mens as nuwe gasheer “aangeneem” moet word vir die vlooi om te oorleef.

Selfs die kleinste dorpe in Europa is hierdie ellende nie gespaar nie.

Venzone, ’n dorpie in die provinsie Udine in Italië, ook nie. Binne weke is die meeste van die inwoners dood en daar was nie genoeg grafte vir al die lyke nie.

Noodgedwonge moes die inwoners die surplus lyke in kiste plaas en dit in die San Michael-kapel se kelder stoor totdat daar weer grafte gegrou kan word.

So is daar van die lyke vergeet.

Driehonderd jaar later, in 1647, is daar besluit om die kerk te restoureer en te herbou.

Bouers het 42 kiste gevind waar hulle onversteurd in die kelder stof vergader het. Soos hulle die kiste begin oopmaak het, het hulle in elke kis ’n lewensgetroue mummie gevind.

Noodgedwonge moes die inwoners die surplus lyke in kiste plaas en dit in die San Michael-kapel se kelder stoor. So is daar van die lyke vergeet.

Die mense van Venzone het hierdie verskynsel as ’n teken van God gesien dat Hy oor hulle waak in die vorm van die mummies. Die mummies is afgestof en het deel van die inwoners se daaglikse bestaan geword.

Die mummies het saam partytjie gehou, saam met mense op hul bed geslaap en saam basaar gehou.

Oral in die strate was daar mummies te sien.

In 1950 het ’n verdwaalde fotograaf, Jack Birns, hierdie bisarre verskynsel gefotografeer en met die res van die wêreld gedeel. Op sy foto’s kan duidelik gesien word hoe die inwoners die mummies saam met hulle in die strate dra.

Daar is baie bespiegel oor hoe dit moontlik is dat die lyke so goed verouder sonder dat hulle enigsins gebalsem is.

Die mummies is almal droog en die meeste van die organe en strukture is nog aanwesig om hulle herkenbaar te maak.

Die Italiaanse skrywer Savorgnan de Brazza het in 1906 voorgestel dat mummifisering te danke is aan die swam Hypha tombicina, wat algemeen in grafkelders voorkom.

H. tombicina het die vermoë om ’n lyk vinnig uit te droog en sodoende te keer dat dit verrot. In hierdie uitgedroogde vorm sal dit oor die daaropvolgende eeue begin verhard en versteen.

Hierdie rede kon nog nie deur ander navorsers bevestig word nie en in verskillende laboratoriums is daar gepoog om die H. tombicina-swam in die mummies te isoleer, maar dit was onsuksesvol.

Die beskerming wat die mummies aan die dorpie en sy inwoners verleen het, was ongelukkig nie baie goed nie.

Tydens ’n aardbewing in 1976 is die dorpie Venzone feitlik in sy geheel vernietig. Ook is die meeste van die mummies daarmee heen en net 15 het “oorleef”.

Hierdie oorblywende mummies se teedrink-dae is ongelukkig verby. Deesdae kan jy net na hulle kyk waar hulle in die dorpie se museum in glaskaste poseer.

  • Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Aardbewing  |  Kelder  |  Mummies  |  Lyke  |  Begrawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.