Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hoe fail jy om ’n stripper te word?
Nathan Trantraal

Innie Engelse klas, kom sit Adeeb langs my en vra vi my om hom te help met sy Engelse opstel. Ôs is suppose om te skryf oo ôs droem wêk wat os wil doen as ôs eendag klaa is met skool. Hy het klaa stukkies daavan geskryf, Adeeb is glad’ie ’n dom laitie nie, soe is meer soese editing job wat ek need om te doen.

Die eeste ding wat ôs moet beslyt op is wat hy wil doen as hy eendag groot is. Wan in sy opstel vacillate hy heeltyd tussen truck driver en council worker. Ôs is graad 11, en die soot opstel voel stupid en insulting vi my, iets wat jy vi graad 7’s sal gie om te doen.

Ek hettie ees gebother om myne te skryf’ie. Nou help ek maa die anne laities wan is boring om niks innie klas te doen ie.

Die meisies dink ammel Adeeb isse mooi laitie, wan hy is lig van kleu, met steil hare en groen oë. Virrie boys innie klas lyk ­Adeeb particularly weird wee, wan hy lyk soese maer kat met vet wange. Ôs noem hom De Kat, soesie magazine. Maa ôs kom goed oorie weg. Ek kom eintlik goed oorie weg met ammel in my klas. Wan ek praat net eenkee ’n wiek, maa as iemand my help vra met iets, dan help ek altyd. Soe dan begin hulle jou silent disposition te anvaar asse personality ding, en nie ’n vorm van synagheid of beitehoueragheid ie.

Ek vra vi Adeeb hoekom hy ’n truck driver wil wôd. Hy kannie rêrag dink hoekom ie. Hy sê die riede hoekom hy virrie council sal wil wêk, is wan jy kry lekke benefits; medical aid enne housing subsidy. Plus, as jy virrie council wêk, wêk jy net half dag soese school teacher. Ek admire sy pragmatism, en die opstel wôd maklik om te skryf, wan jy wiet it kom yt ’n honest plek yt.

Ek vra vi Adeeb hoekom hy ’n truck driver wil wôd. Hy kannie rêrag dink hoekom ie.

Boere wie innie bank ookant ôs sit, wys vi ôs hy het geskryf hy wille “uhsashin” virrie FBI wôd as hy groot is. Boere kannie ees assassin spel’ie. Die is Boere se vierde jaa in graad 11, soe hy is vie jaa ouer as ôs. Hy is eintlik klaa groot. Adeeb sê vi hom hy moet skryf sy droem is om matric te behaal as hy eendag groot is.

Boere lag hom klaa vi dai stukkie en hy kom sit by my en ­Adeeb, en kom maak gat en hou ôs yt ie wêk yt. Nie Boere of Adeeb het matric gemaak ie, Boere despite sy best efforts en Adeeb omdat hy net opgehou skool toe begin kom et.

Boere kyk wat ôs skryf, en vra vi my of hy dai truck driver stukkies vi hom kan vat, ek sê, awê, vatte droem daa vi jou. Niks fout daamee omme droem te deel’ie. Noudat ôs op die droeme storie is vra ek vi Adeeb of hy my niggie Kamiela ken, hy frons en vra wat haa van is. Ek sê Jackson, Adeeb sê ek moenie nonsens praat’ie, en hy kannie ophou laggie. Hy sê vi my: “My broe, ek het gespien met dai kin! Dai was my coupling.”

Ek vetel vi hom toe ôs nog klein laities was, toe sit ôs eenkee en praat oo ôs droeme vi ôsself as ôs eendag groot is. It was ek, my broe, my suste, Kamiela en haa broe en suste. Ek het gesê ek wille mechanic wôd, my broe wil ’n milky gewôd et, ’n man wat melk deliver, omdat hy van melk gehou’it. My suste wille archaeologist gewôd et. Ek kannie onthou wat Kamiela se broe en suste gesêit ie, maa ek kan clearly onthou Kamiela het gesê sy wille stripper wôd as sy groot is. Wan hulle maak lekke geld. Hoe wiet jy vanaf sewe jaa oud af jy wil ’n stripper wôd?

Maa skool het gekom en gan, Adeeb het nooit toe virrie council gan wêk ie, hy hette homeless rasta dude gewôd. Ek het nooit ’n mechanic gewôd ie, ek wiettie presies wat ek gewôd et’ie. Boere het nooit matric behaal ie, maa hy het ’n trok begin ry en Kamiela het nooit toe ’n stripper gewôd ie. Sy het niks gewôd.

Ek vestaan nou noggie hoe jy fail omme stripper te wôd as dai jou droem issie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.