Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantaal: Ôs lyste, uncle Milo, en ôs is impressed

“Inspiration is a dish better served cold,” sê uncle Milo tewyl hy met ’n smug smile staan voorie klein patch tyn wat hy laasjaa hie kom maak et.

Antie Mary bas yt vannie lag. “Is re­venge Milo, revenge is ’n dish best served cold, hou op agtestevoo praat. Ek sweer jou tong is aanmekaa gelas met duct tape,” sê sy terwyl ôs lag. Uncle Milo kyk ôs confused an. “Wie will dan nou re­venge serve, is mos ’n popkop wat dai doen,” sak hy af en begin vroetel wee in sy stukkie Eden.

Ek sallie stry nie, sy tyntjie lyk impres­sive, hy het somme groente en blomme saam in een spot geplant. Is genius, wan as hy nie hie issie, en ôs sien die blomme vrek, dan wate ôs die tyntjie. Die blomme is die ding wat ôs need om te sien, blomme is mooi en inne vaal depressing plek, staan it yt. Maa die groente is interesting, wan ôs is ’n klomp suspicious mense, ôs trust ie die groente wat in ôs eie tuintjie groei nie. Die grond is te vyl en somehow dink ôs daa moet iets fout wies met groente wat innie voojaat vanne township hys groei.

Toe die tamaties ytkom, en uncle Milo vi ôs bring om te proe, was ammel bang virrit. Iit lyk ie soes dai tamaties innie plastic containers innie supermarket ie. Die klein kinnes het somme gesê uncle Milo try ôs poison, soes inne fairytale.

But soes ie jaa angegan et en ôs die groente begin trust et, het ’n niewe sense van ownership ôs bietgekry. Die tyntjie was ôse tyn, en wanne jy kos gemaak et, het jy gou uitgegan en fresh herbs gan pluk, soes Jamie Oliver doen in sy cooking show. Die difference was dat Jamie Oliver se herbs oppe shelf in sy kombysvenste was. Ôs sinne was ytie grond yt, soe dai was ekstra meer gesond.

“Julle laities van vandag hettie bruin vingers ie, julle vinges is net virre phone enne mix, julle moet tyn maak en julle kos groei,” sug uncle Milo vi ôs wat soes interns agte hom staan en kyk wat hy doen. Niemand wil vra wat hy doen ie, wan niemand wil impressed lyk ie.

Dai is ôs family curse, ôs is altyd easily unimpressed. “Jy mean, groen vingers Milo,” correct my antie hom wee. “Niemand wil bruin vingers hê nie, is jy dan nou mossag,” lag sy en ôs bas yt vannie lag. Die beauty vanne tyn is undeniable.

Is soes om iets te discover wat somehow jou hele liewe lank voo jou oë was. My vriend Jeremy stuu my giste aand ’n video van die double bassist, Leon Bosch. En daai voel soese masterclass in inspira­tion. Hy sit in Wigmore Hall en vetel van sy journey asse musician. Hy is van Bishop Lavis en isse world-renowned en respected chamber musician, conductor en concerto soloist.

Wan hy wil gevoel et hoe it is om ’n stukkie vannie soil sy eie te kan noem.

Hy begin te praat van sy familie en hoe hy grootgemaak was, hoe hy asse teenager opgeslyt was deerie apartheidspolisie. Hy vetel hoe al dai experiences hom geshape et. Hoe daityd se government alles getry et om hom te stop van wôd wat hy regardless gewôd et.

Hoe hy accepted was om music te study by university, maa nie law nie en sy experiences in Londen asse refugee. Hoe hy vir therapy vir PTSD moes gan en hoe hy wens al sy vriende kan gan vi therapy. An die einde vannie video vetel hy ná alles hoe hy jare later oek vi hom property gekoep et in Syd Afrika, die land wat hom reject et. Wan hy wil gevoel et hoe it is om ’n stukkie vannie soil sy eie te kan noem. Sy apartment kyk yt oo Tafelberg. Die plek wat hy nie allowed was om eens oppe tyd naby te wies ie.

Ek ken baie inspirational stories, maa is different om te lyste na iemand wat yt dieselfde vyl grond soes jou kom. Wat homself ytie selfde grond, selfde graf soes jou moes grawe ommie son te sien.

Ek dink as ek wee vi uncle Milo sien, moet ek vi hom sê ôs lyste, en ôs is impressed. En die inspiration wat hy hie serve, is yskoud.

Meer oor:  Sypaadjies  |  Nathan Trantraal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.