Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Wit issie ’n colour nie

Wit is 'n godsdiens wat jy as kind inkry, skryf Nathan Trantraal.

Wit issie ’n colour nie. Wit isse religion. Soes religions die wêreld oo wôd it vi jou gevoer, soese potjie Purity, wanne jy nog ’n kind is. Eendag, wanne jy oud genoeg is om te vestaan, maak jyrie boek oep en oppie eeste blaai lies jy die storie van hoe Jan van Riebeeck die Kaap geskep et.

As jy die boek vêrre lies lee jy vannie groot oolog wat was, tien ie Ingelsman, en vannie groot oolog wat nog kom, tien ie swat man: wanne die swat man gan beslyt ommie wit man en sy werke, om alles wat mooi en goed is, vi eens en vi altyd te destroy.

Innie boek lee jy van die groot profete: Malan, Verwoerd, P.W. Botha (in sommige apocrypha is Eugène Terre’blanche oek ’n gesalfde profeet). Die profete lee vi jou dat ‘die wittes uitverkorenes is’. Hulle describe die volk as ‘mense wie se hare nie kroes is nie en wie se vel lig is.’

Die boek lee ôs dat ‘swartmense diere is en dus hoef jy hulle nie beter of slegter te behandel as hoe jy enige ander diere behandel nie’. Die boek sê ‘die swartes makeer nie huise nie, hulle hou van in hokkies bly en het jy al ooit ’n hond sien kla hy bly in ’n hok?’

Die boek sê dat ‘al die mooiste strande vir die eksklusiewe gebruik van wittes is’. Die boek sê dat ‘daar sekere bankies is waarop slegs witmense mag sit’. Die boek contain strict taboos: ‘Jy mag nie uit dieselfde koppie drink soos jou swart bediende nie.’ ‘Dit is ’n skande vir ’n wit man om kaffirwerk te doen,’ etc. Die boek contain oek ’n hele paa archaic customs, onne annere: ‘Betaal ’n hotnot met wyn, hy verkies dit bo geld.’

Dai issie Ou Testament.

Innie Niewe Testament, wat geskryf was in 1994, lies jy van Nelson Mandela ‘wie sy lewe opgeoffer het vir ons almal se sondes.’ Die anne groot profete innie Niewe Testament is Desmond Tutu, Oliver Tambo en FW De Klerk, die latter ’n figure wie baie historians gloe eintlik innie Ou Testament behoot.

Innie Niewe Testament lee ôs dat vegifnis die way vorentoe is, nie land redistribution en reparations ie. Innie Niewe Testament lee Mandela ôs dat die ‘ou wette nie meer van toepassing is nie’ en dat ‘almal, ryk en arm, swart en wit, by dieselfde deure in en uit mag stap.’

Wit, soes alle religions, wôd transmit vannie ouers narie kinnes en vannie kinnes na hulle eie kinnes. Daa is dai mense wie vi iewag een ding gloe, maa daa is oek mense wie die goed wat hulle gelee was as kinnes afskud en vi hulleself begin dink.

Maa soes baie mense wie ees geloewig was, byg witmense hulle knieë en reik yt narie ou geloef wanne die wêreld daa byte te donke begin raak.

Ek haat ie mense met blonde hare nie. Ek haat ie mense met ligte vel ie. Ek haat ie mense met blou oë en groen oë nie. Ek haat ie colours ie. Ek haat wit. Wit issie ’n colour nie, wit isse religion.

* Wit issie ’n colour nie word deur Kwela uitgegee en kos R220.

Nathan Trantaal.
Meer oor:  Nelson Mandela  |  Desmond Tutu  |  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.