Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: 11 maande ’n Christen, in new year a casualty

Ek dink vandag an dai pa wat gewoonlik hystoe kom oppie derde dag vannie niewe, van sy party af wat die 23ste December begin et. Ek wonne hoe it was om heel holiday season byrie hys te wies. Ek wonne of hy gereed is om ieman te vemoor al. Ek dink an dai antie wat eenkee ’n jaa dronk raak oppie Oujaasaand, en soe te kere gan, dat sy nog in February al die pieces vannie vorige jaa moet bymekaa skraap. Ek wonne oo dai quota van mense wat op New Year’s inmekaa ry oppie pad asof hulle self wiet ieman moet doodgan inne karongeluk op New Year’s, is tradition. Ek wonne wat dai mense die jaa gemaak et. Elke jaa is daa mense wattie selfde goed doen wat ieman klaa laasjaa gedoen et. Iets fatal. Soes sacrificial lambs soedat ôs ammel ’n rustige jaa vorentoe kan het.

Uncle Jeff audition elke jaa virrie rol van New Year’s casualty. En ek was certain die was sy jaa. Ek dink hy wiet et oek. Hy sit nou panicked en stressed oo wat hy vi Oujaa gan doen. Covid-19 het al dai planne kom stop sit. Uncle Jeff is 11 maande Christen, bekeer tot December. As December kom, sit hy sy Bybel innie onneste laai, trek sy ou Abibas-broek yt wat hy by die Nigerians gekoep et, en trek sy Levi’s an wat hy by Edgars gekoep et. Elke jaa vanaf hy ’n adult gewôd et doen hy dieselfde ding. Sy motto is “Gie jou lyf ’n lekke tyd voorie lekke tyd jou ’n lyf gie”. Ek wietie ees wat dai mean ie. Al wat Uncle Jeff wiet is is ees beach toe en dan kêk toe. Jy kan somme in jou swem shorts gan. Die Bybel sê: “Kom soes jy is.” Soelank jy net voo midnight wee op Holy Ground staan gannie next jaa solid ytwêk. Uncle Jeff dink die kêk is soes een van dai games wat ôs gespeel et toe ôs klein was. As jy in jou blok haloep wat innie pad geteken is met sand of kryt, en jy skrie die safe word dan kan nieman jou niks maakie.

Maa Uncle Jeff dinkie annie feit dat it ’n lang way is om te gan vanaf die beach narie kêk toe nie. En as jy ees dronk is dan rêk jy elke lang pad nog vêder yt. Is hoekom jy hoor die mense hette ongeluk gemaak op pad Gordon’s Bay toe tewyl hulle heeldag by Harmony Park was.

Ek wonne oo Uncle Jeff, oo hoe hy nou gan maak, mettie niewe jaa op ôs en hy kannie ees kêk toe gan en vegifnis vra vi allie wyn wat hy oppie oujaa gan drink ie.

Foto: NIPYATA!op Unsplash

Vi al die trouble wattit gan cause ie, ennie val vannie stairs af in jou hys wat te klein is virre mens wat net eenkee ’n jaa die Here afstaan. Ek worry oo dai man. En ek wonne oo sy laities wat net eenkee elke jaa die kans kry om te sien hulle pa is ’n degenerate wat hom heeljaa kwai hou.

Ek dink mens moenie mense onneskat ie. As daa ’n way is om onnarag dood te gan, gan hulle dai way kan vind. En wie wiet miskien gan ôs nog altyd ôs fair share van New Year’s tragedy sien. Maa nette bietjie different, miskien gannet soes everything else maa net moet oostaan tottie volgenne jaa toe. Soes, death on laybuy.

Wan ammel wattie ’n plek kan kry waa ieman hulle vie uur die oggen kan doodstiek ie, of hulleself ve’ongeluk ie, of dee ’n drunk driver ve’onegluk kan wôd ie gan certainly ’n anne way moet kry. Wan New Year’s tragedy isse tradition soe oud en certain soesie niewe dag wat kom. Ek skat ammel gan maak soes Uncle Jeff, en soe baie mense as possible gan inloe en hallo sê. En dan gan ôs innie New Year sien hoe die Covid-19 death toll gestyg et. En dan gan ôs sit, en wonne wie die mense is, wan hulle gan net statistics en nommes oppe blaai wies. Maa ek sal wiet dat it mense soes Uncle Jeff is, die staunch New Year’s traditionalists, die laaste vanne dying breed.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.