Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: 365 dae sône om dood te gan

It isse remarkable ding om vi 365 dae te gan sône om dood te gan.

My favourite New Year-mense is definitely die soot wie goed sê soes: “New year, new me.” Of een of anne variation daavan, of die pesoon wat deeply cynical try om te wies en goed in soe ’n down en out, yet respectful tone sal sê: “Same bullshit, different year.”

Ek is nou al vir jare baie goeie vriende met iemand, wie ’n bietjie van altwie is. Kom ôs noem hom Austin en ôs sê hy is van Texas. Hy isse decently established American academic, ’n respected novelist, well-travelled, maa meer as al dai ’n alcoholic.

Veliede jaa die tyd toe sit ek saam met Austin en sy German literary agent, Hermann, by ’n cafe in Longstreet en koffie drink terwyl ôs wag virre half indecent pub om oep te maak. Austin was inne neurotic mood en het my heeltyd remind van hoe lucky ek is om nie ’n hounded white man te wies in die day en age ’ie. Hermann het my gebeg om hom die real Cape Town te wys, hy was moeg van al die fancy poser vibes van die city. Hermann isse ou punk wat net Versace klere dra – is sy way om jong punks te upset, wie hy sien asse niewe soot establishment. Hy rebel tien die rebels.

Life is fraught met danger en die margin vi error is baie klein.

Ek wens ek kon vi Austin sê dat al wat vi hom hound is sy gesypery, en vir Hermann wou ek vra om asseblief op te hou die real Cape Town te soek, jy gannie jouself vind innie ghetto nie, hulle gan jou wallet afvat en vi jou inne kar se boot druk, maa ek hettie en by vroegmarrag toe sit ek saam met hulle inne vyl pub surrounded deu inflamed sunburnt gesigte enne Bon Jovi soundtrack. Ek order my eeste bier vannie dag. Austin se resolution is om op te hou drink, soe hy order ’n koppie Americana met koue melk.

Austin kyk rondom die tafel en sê vi my en vi Hermann, “Brothers what a year, am I right? It takes resilience man, to be a human being. And let me tell you, if you can’t look at the people around you, even your worst enemy, and not feel a little respect for them at the end of every year, there’s something wrong with you.”

Ek agree met hom, ek sê it isse remarkable ding om vi 365 dae te gan sône om dood te gan, nevermind 30, 40, 50 jaa.

Life is fraught met danger en die margin vi error is baie klein.

Toe die drinks kom, maak ôse toast, ek sê: “Happy New Year, brothers.” Hermann dude bas uit vannie lag. “No, no bruzzer Nayshin, you muzt say what it iz your ­hope for dis new year.” Ek sug en sê ek issie eintlik een vi hopes en wishes ’ie, hy lag nog hadder: “Nooo, noo, you must, averybody should start dis new year in a pazitive note.”

Hy gan an virre paa minute oo hoe ’n mens die energy van die universe oo jou liewe moet uitspreek, ek sê vi hom dai klink soes some privileged European shit, al wat ek ken is saam die kerk beach toe gan of syp oppie beach saam jou familie en as jy nie te skandalig was by jou wêk se breaking up party nie, dan gan jy maa net terug wêk toe en repeat die daily cycle soes die donke kringe om jou oë.

Austin spring in en vra of hy ’n cigarette kan vat, ek vat aan sy skoue innie most manly way wat ek kan en sê: “Don’t ask. What is on this table we all share.” Ek add ’n fake cultural reference, iets van “We all eat from the same pot in Africa”. Austin hou van African goed te doen. Ek en Hermann praat nogge bietjie oo hopes en wishes dan kap Austin op die tafel en sê, “Brother Nathan is right, work for what you want. Don’t ask the universe for favours.” Ek sak my kop en sien ’n koppie swat koffie voo my mette bieketjie koue melk langs it. Ek kyk op en Austin, die gemos, sit met my bier en blaas roek.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.