Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Afrikaans se future issie die KKNK

Ek vekyk my op Facebook na wit mense wie praat van hulle “wonderlike huishulp”.

Is nooit net Tembisa nie, is altyd “Tembisa van die Kongo”, “Boniswa van Malawi”, “Tarzan vannie ape” etc. Anne kere issit net straight up, “My Malawiër wat agter my kind kyk”. Soese doberman, asof jy van jou hond praat. Maa die hond is nooit my doberman nie, die hond is altyd Woofles of Liewe Heksie, altyd ’n naam dripped in apartheid nostalgia, confused vi childhood nostalgia. En as jy nie die photos sien nie, sal jy nie ees wiet daa wôd vanne hond gepraat ie.

Baie van dié jintoes op my Facebook wêk vi dieselfde koerante soes ek. Is nogal snaaks vi my, ek wiettie hoe jy virre koerant kan skryf en nog altyd soe ’n basic bitch issie.

Toe ek klein was, het ek gedink jy moet slim wies om virre koerant te skryf. En ek wiet iemand wat die koerant lies gan nou wil inspring en iets sê soes: “Maar jy skryf dan vir ’n koerant, so, klaarblyklik hoef jy nie intelligent te wees nie, want jy skryf dan vir die koerant.” Whatever squares.

Anyway, daa isse klomp racists wie skryf vi Afrikaanse koerante en it pla my somtyds.

Anyway, daa isse klomp racists wie skryf vi Afrikaanse koerante en it pla my somtyds. It lat my dink an eenkee baie ­jare trug nou, was ek by een van dai all ­white festivals, die KKNK. Daityd toe ken ek nog niemand van die mense innie boekebedryf ie en niemand het vi my geken nie, ek was maa net daa omdat iemand vi my bus ticket betaal et en ek was despe­rate dat iets moet gebeu, wan ek was nog altyd broke en ek het vi vyf jaa oppe boek gewêk wat niks gedoen et na et gepublish wassie.

Dai is hoe jy opeindig, as jy nie wit issie, by plekke soes die KKNK. Jy wiet jy het jou laaste kans gevat en gefail en nou moet jy spring oppie eeste bus wat veby kom.

Ek het virrie eeste dag net in my ­kame gebly, maa die next dag het ’n anne wit vrou geoffer om my rond te wys.

Ôs het rondgestap, rondgestaan en rondgekyk en soe. Hie is daa ’n uncle in sy kakieklere, daa isse stalltjie wat sweaters vekoep met logos op soes: “Praat Afrikaans of hou jou bek.” Dai soot vibes. Dan kom iemand veby gestap mette T-shirt an mettie ou Suid-Afrikaanse vlag op wat onne an sê “100% boer”.

Die vrou met my ken die 100% boer en hulle staan en praat vi five minutes tewyl ek staan en dink oo waa ek iets gan kry om te iet vandag. Wan ek het net die klere an my lyf en my bus ticket. Agtena kom die vrou trug en vra vi my of ek iets wil iet.

Wanne ôs gan sit, begin sy te veduidelik dat 100% boer nie soe is gewoonlik nie. Sy sê sy familie issie grootste, beste liberals innie land. Ek iet te lekke om te disagree.

Ookant ôs sit daa ’n tafel van newly-baptized belangrike skrywers, die future van Afrikaans. Die future van Afrikaans lyk asof hulle ’n baie lekke tyd het. Ek kyk hulle an virre second en dink, is sieke lekke om te kan sit inne restaurant en wiet jy kan vi jou eie kos betaal. Is sieke lekke om byrie KKNK te sit as jy wit is en jy wiet niks van die racism wat yt ie plek emanate is directed at jou nie.

Die future van Afrikaans notice die vrou wat by my sit en wai vi haa, ammel hie ken mekaa. Een van hulle staan op en kom praat ’n bietjie met haa. Ná vyf minute raak die dude by ôs tafel ’n bietjie conspiratorial, kyk ees agte hom en vra virrie vrou of sy gesien het wie daa binne is: Dan Roodt.

Hulle kyk mekaa an en die casual chat kry die air vanne emergency meeting. Hulle kyk vi my an asof hulle vi my nou gan moet bewaar van Dan Roodt, maa ek wiettie wie Dan Roodt issie, ennie waarheid is, unless hy die pesoon is wie die festival organize, is hy die minste van wat my pla.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.