Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: ‘All Lives Matter’ wys somme gou jy’s ’n racist

Meeste dae is ek tussen vie en vyf uur ie oggen ees klaa met my dag se wêk, dan tewyl die son itself announce byte, lê ek en kyk die hele YouTube klaa wan ek kan nog steeds ie slaap ie. Daityd kyk ek ienagge iets wattie algorithm voostel. Een oggen lê ek en kyk ’n episode vanne web show mettie naam van Uncomfortable Conversations With a Black Man. It is een van dai shows waa ? elegant, eloquent swat bra sit met wit mense en praat oorie hard questions. Die host, Emmanuel Acho, seem soes een van dai mense wat gloe it is net conversation wat die divide tussen swat en wit sal bridge. Essentially, die precise opposite van als wat ek gloe. Ek val strictly innie camp van mense wie als wil doen behalwe om awkward discussions met wit mense te het. En dai is omdat ekkie convinced is dat meeste wit mense rêrag, sincerely ienagge iets wil discuss ie.

Wat hulle wil doen is om hulle two cents te gie. Die guest oppie show was Matthew McConaughey, een van dai “open-minded” actors wat altyd ytie hart yt praat. Vroeg innie conversation al, praat McConaughey oo die “All Lives Matter” movement. Die way hy it explain is dat mense ees moet acknowledge dat “Black Lives Matter” voo hulle die circle kan expand om “All Lives Matter” te in­clude. Die host skud sy kop in agreement, en ek change ie channel. Ek was annoyed, admittedly dee ’n actor se woore, ieman wie gewoonlik bieter served is daadee om ieman annes se woore te repeat. En miskien sal ek vegiet et daavan assie acting Australian prime minister, Michael McCormack, nie “All Lives Matter” invoke et in defence vannie wit terrorists wat onlangs die American Capitol building gestorm et ie. Of miskien as die American polisie nie dai selfde insurrectionists met kid gloves getreat et ie (giving new meaning to the words white fragility).

“All Lives Matter” isse non sequitur enne reactionary antwood tot “Black Lives Matter”. It is designed om ie regte conversation te derail en om ienagge ieman wat die protest slogan invoke te force inne situation waa hulle moet vedydelik hoekom “Black Lives Matter” nie “reverse racism” issie. “Black Lives Matter” is formulated oppie reasonable presumption dat white lives matter, counter to white supremacists se claim, dat all lives matter. Net as black lives matter kan mens sê dat all lives matter. “White Lives Matter” is die unspoken slogan van die hele wêreld.

Dieselle distinction tussen black power en white power is applicable. White power, omdat wit mense klaa empowered is, lei na white supremacy. Die intention agte black power is dat it sal lead na black equality, omdat swat mense historically disempowered is.

“Black Lives Matter” asse protest movement resonate met swat mense regoo die wêreld omdat it generational inequality in al sy complexity in baie min woore saamvat. Die ancestors van slaves in America, die descendants vannie Windrush generation innie UK, die aboriginals in Australia, die post-apartheid generation in Syd-Afrika, die descendants van immigrants regoo Europe, jy kan an en an gan, die common denominator is altyd systemic oppression.

As daa ienagge iets lacking is mettie “Black Lives Matter” movement in my view issit dat Palestinians en mense in war torn Eastern Europe lande nie included is onne die banner van black lives ie. Dai is likely omdat ek solidarity boe alles plaas.

Maa it is swaa omme movement te criticise, refine en redefine as jy it die heeltyd moet defend tien petty attacks. Wat wee gebee is dat die regte conversations wat moet gebee nie kan gebee nie, asse result van white obstructionism.

Die volgenne kee as ieman vi jou sê, “All Lives Matter” issit ie ’n opportunity om te educate ie, it isse opportunity om ieman te recognize asse racist. Wan siekere goed is fundamentally vanselfsprekend. Daa is baie goed omtrent blackness wat ek willing is om te debate oo. “Black Lives Matter” issie een van dai goed ie. En as die nog altyd te swaa is om te vestaan, hie isse analogy: Imagine ieman sê, miskien innie aftermath van een van dai American school shootings, “Children’s lives matter”, wie sal die gall het om te respond mette “All Lives Matter”?

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.