Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: America, hou jou gevriet van my af . . .

Stories oo Donald Trump is gewoonlik vi my soes ienagge anne celebrity news. It gan oo my kop, ek sien niks need om rêrag aandag te gie an wat hy sê nie en hy issie vi my funny nie. Soe ek voel bietjie confused met myself dat ek sy latest statement oo Syd-Afrika soe personal sal vat.

“I have asked Secretary of State... (Mike) Pompeo to closely study the South Africa land and farm seizures and expropriations and the large scale killing of farmers,” dai statement.

Nathan Trantraal.

Ek moes lank dink oo hoekom it soe onne my vel kryp. Ees het ek gedink, die gan nou al die reactionary wit racists steam gie. Ennit het, maa it issie dai nie. Wan elke bietjie aandag gie vi hulle steam. Elke kee asse wit man wie hulle dink hy isse stêk wit man vi hulle aandag gie, dan gloe hulle wee in hulleself.

Maa ek wiet wit mense in anne lande worry nie oo wit mense in Syd-Afrika nie. Daa gan niks kom daavan ie. Wat oek okay is, wan wit mense in Syd-Afrika hettie die hard time hie wat sommige van hulle seem om te dink’ie.

Maa anyway, hoekom was ek soe ag­grieved? Ek dink it is omdat ek haat die idea dat dié land wat soe baie grief innie wêreld inbring, soe baie destruction cause binne en byte America, dat wanne die grootste representative van die land di-rectly met ôs praat, dan voel ek violated. Ek voel grossed out.

Jy wil vra: “Praat jy met my? Moenie met my praatie, hou jou gevriet van my af. Wan jy’s ? dom land wat hou van groot burgers en genetically modified monster hoenes en guns.”

America isse land wat soe vol is vannit self dat hulle dink as jy nie van hulle hou nie, moet it mean jy isse communist of iets, hulle dink it moet ideological wies. Hulle kan nooit imagine dat it maa net is omdat America ’n land is wat anne lande invade sône cause ie.

Dat it is omdat America ’n land is wat racist is en obsessed is met guns ie.

Die Dutch het kaas, die Engelse tea, die Swiss het chocolate en America het guns, dai is waavoo hulle famous is. It issie net dat dai moron Donald Trump praat van goed wat hy nie vestaan’ie, it is die threat laced in als wat hy sê. Hy wil ’n bietjie kyk wat angan in Syd-Afrika. En as hy nie hou van wat hy sienie, gan hy iets daaoo doen. Wan hulle is America en hulle het altyd die power om iets te doen. Wat gan jy doen? Jy kan niks doen.

Die isse land wie refuse om te apologize virrie feit dat hulle vi Trump president gemaakit. Wie die blame shift na klein reactionary groups. Asofit ’n handvol mense vat omme president te elect.

En die obvious conclusion hie sal wies dat ek anti-American is, ek issie, ek is anti-bullying en ek treat maa net vi America die wat my vrou perverts treat wat haa ankyk. Ek sê it had soedat ammel kan hoor: “Moenie vi my kykie. Vi wat kyk jy vi my?”

Ek het niks empathy mettie American mense nie. En my occasional interaction met ordinary Americans het nog niks gedoen om my otherwise te persuade ie.

Die experience is altyd dieselfde, it is altyd condescension wat gradually way gie vi embarrassment. Wanne hulle besef dat jy nie net meer wiet van jou eie geskiedenis en culture as wat hulle van hulle eie ken’ie, maa dat jy oek meer wiet van hulle geskiedenis en culture as wat hulle ken. En ek issie special in dai way nie, dai is die average South African.

America force hulle culture op anne mense. Hulle groot, bloated films en hulle vacuous music het die standard gewôd virrie rest vannie wêreld, en dai is hoekom die wêreld soe emptied out seem, soe soulless. Ôs liewe innie American age, waa geld automatically equated wôd an quality. As jy genoeg geld maak vi lank genoeg dan gie hulle vi jou genius status. Maa ekkie issie impressed ie, ek was laaste impressed met America toe ek klein was, ennit maak sense wan it isse land vol groot kinnes. ’n Massive Disneyland. America het alles wat subtle is ytie wêreld ytgesyg.

En die obvious conclusion hie sal wies dat ek anti-American is, ek issie, ek is anti-bullying en ek treat maa net vi America die wat my vrou perverts treat wat haa ankyk.

Ek sê it had soedat ammel kan hoor: “Moenie vi my kykie. Vi wat kyk jy vi my?”

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.