Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ammel dink ie soe diep of baie oo tea nie

Ek drink van kleintyd af al tea. Omriede, man was grootgemaak oppe tea bottel. My ma het gewêk en my ouma het agte my gekyk. Daityd se oumas hettie geworry of gewiet van caffeine ie. Issie riede wat my mond vi jare gelyk et soesie binneste vanne kietel. Tea is mos sleg vi jou tanne. Sleg vi jou tanne en goed vi jou hart. Goed virrie bietjie warmte oppe koue dag en goed om jou koel te hou oppe warme dag. Mense sê dai isse lieg storie wat tea drinkers vetel, maa ek sweer by it. Jy drink jou tea, dan swiet jy die hitte yt, na dai koel jou lyf lekke af. Tea was vi my soese tjommie van jou ma wat altyd rondhang wat jy wiet rustig is. Toe ek jonger was, was ’n vol boksie tea innie koskas altyd vi my soese oeg knip, enne, “Is jy alright my bra?” Dan sê jy ja Uncle Glen of Uncle Trinco en gan met jou dingetjies onvesteurd.

Regardless vannie brand, innie nineties as my ma kos hampers gekoep et, het ek altyd ytgesien na twie goed, dai potjie Moirs custard ennie blou en wit check pakkie tea. Wan wanne al ie kos op is, kan jy altyd ytsien na dai golden pot custard oppe dag wanne jyrit ie minste vewag. Dai enne koppie tea het vi jou dinge jou ma se way lat sien. En dai was dat daa altyd iets in jou mou moet wies vi môre se lang dag.

Daa is tye wat ie nostalgia my soe hit, dat ek vegiet vannie lactose free carton melk innie fridge en smaak vi ’n bek brand warm koppie tea met condensed milk in. Die condensed milk wat soe smelt innie warm koppie tea ennie tea die flesh colour gie van Hergé se Tintin. Dai eeste sluk wat jy vat wat jou mond brand ennie stêk koekwate taste wat linger tot jy jou tastebuds adjust et ennie stroep soet syke ennie creamy smaak vannie condensed milk deekom. Dan wanne die koppie innie helfte is ennit voel asof ie tea nooit koud gan wôd ie proe jy die tea.

Ek kyk nou eendag ’n music video oppie YouTube. En ek sien daa British Grime artists, dai is British rap music, syp ammel tea in hulle video’s. Tewyl al ie American rappers nog altyd hulle designer vodkas en cognac promote. Is hoekom ekkie nog soe erg is oo American rap music ie. Ek kannie relate an mense wie ek nooit sien ’n koppie tea drink ie. As ek ieman sien tea drink tewyl die mense rondom hom iets annes drink, moet ek myself kee annes vra ek wat jou favourite tea is. Ammel dink ie soe diep of baie oo tea nie. Ek is oppe Ceylon tea lyn. Ek skat ek het ancestors wat van daa rond is.

Iemand wat baie gedink et oo tea, it vi jare geresearch et en daaoo geskryf et was George Orwell. In 1946 het hy ’n essay geskryf mettie naam “A Nice Cup of Tea”. Daa in explain hy wat die beste way is omme koppie tea te maak en te drink. In 1947 het hy 1984 begin skryf, wat jy kan sê die modern age predict et. Al wat dai vi my sê is Orwell het gewiet wat belangrik was: Tea ennie res. En snaaks genoeg, ek sê nou soe, maa ek het virre lang tyd oppe tea drink. Ek het my taste veloo daavoo offit hettie met my mood gegannie. Ek dink dai sê vi my als oo watte mood ek in was virrie langste tyd.

Ek dink an it, ytgelê voo my soes William Blake se Songs of Innocence and of Experience. Toe ek ’n kind was het ek altyd gewonne hoekom ammel die grootmense nie net kan bly by tea drink ie. Wyn en bier smaak soe bitter en as jyrit ees drink wil jy net baklei. It het my gekos om groot te wôd en my smaak virrie soet goed innie liewe te veloo, voo ekkit kan begin vestaan. Ek het gegan van tea met drie-enne-half syke tot bitter bier, en wee trug by tea. Ees melk en een syke, nou net tea niks melk en niks syke.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Tee  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.