Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ammel wiet hoeveel moeite die liewe is

Ek het onlangs gelies daa isse rise in bachelor party en stag night related deaths. My eeste reaction was dat dai somewhat arbitrary seem, en ná dai toe wonne ek hoe en hoekom.

Ek het toe die article vêder gelies en toe sien ek hoe. Wattit op nee kom is die mythology van die ultimate bromance het ’n nuwe hoogtepunt bereik. Extreme bromance. Die bachelor party hette symbol gewôd vanne momentary freedom, ’n moment vi mans om hulle shackles af te skud en te party soes 1995, voorie vrou ennie kinnes. Maa met 1995 thoroughly mythologized en edited into ’n highlights reel is daa expectation om tien jaa se parties te condense oorie span van twie tot drie dae, en omdat dit die laaste freedom inne while gan wies moet die twie tot drie dae die tien jaa dwarf in scale en epic moments.

Vi die wattie wiet wat ’n bromance issie, it is essentially twie of meer mans wie platonically velief is op mekaa, die bromance space isse space vi mans om mans te wies, sône die hassle wat vrouens bring. Van byte af might ’n bromance misogynistic undertones het, maa bromantic relationships enne misogynistic boys club is different innie ways wat cold sores en herpes is, altwie isse strain van die herpes simplex virus, maa die former is mostly harmless.

Met al die problems innie wêreld issit swaa vi my om empathy te muster vi essentially foolish mans wie hulleself dood party omme point te prove, is soes al die kots en Bradley Cooper films combine et en hulle way into reality gevind et.

Ek kom yt ’n environment waa friend­ships jou define en jou position determine within die community.

Maa al die chaotic levels van vriendskap het my net nostalgic gemaak oo vriendkap. Hoe ouer ek wôd, hoe meer besef ek friendships wôd ’n unnecessary hobby,
soes iemand wat in dié day en age ’n extreme stamp collector is. Ek vegiet often dat ek vriende het en as ek ees onthou, dan onthou ek op dieselfde tyd ek het baie lanklaas met my ma gepraat, dan bel ek vi haa instead.

Ek kom yt ’n environment waa friend­ships jou define en jou position determine within die community, as jy te veel saam met jou gangstervriende staan, wôd jy automatically oek ’n member, as jy saam die kêk laities sit pouses is jy oek ’n kêkbroetjie. In soe ’n environment is daa nie friendships met codes of conducts ie, jy hoefie tussen die lines te lies ie, jou secrets is in general ammel se secrets en as iemand jou betray, gan die betrayal soe severe wies dat jy nooit recover nie en niks amount van constructive relationship etiquette gan it save ie, jy need oek ie permission om jou vriend in te sê as hy/sy soes ’n vark angan ie.

Maa die ding wat ek die meeste mis, is die amount van senseless laughter, niemand wil Derrida discuss et ie, iemand wil either van hulle niggie Farieda gatmaak wat nou op tik is, niemand se
achievements was genius level ie en die comfort level kom nie van die length van jou reading list ie, die comfort kom van exhaustion, wan ammel wiet hoeveel moeite die liewe is.

Al my recent vriende vind ek seem om die sitcom theory te follow, my problem is ek is ’n baie bad token karakter, ek vra die heeltyd boundary bending vrae, wat toegelaat wôd omdat it my quirk is, my cultural appreciation quirk.

“Lord Nate, you care too much,” skrie iemand giste vi my, maa dai issie waa nie, ek gie nie soe baie ommie. Ek is net exhausted van mense wie exist op die fringes van hulle emotions, mense wat vi Sugarman gan soek maa dan bored raak met hom wannne hy te veel terugkom vi nog concerts. Mense wat hulle judgements camouflage met pop psychology, maa ek besef ek is privileged om vriendskap annes te kan define, en wanne die boys hulself ER toe syp, gan soek ek die stil spot in die pub om my kind te gaan video call, en wanne ek in ’n company sit vol PhD’s, dink ek an al die jare waa ek vullis en stokke in ’n gelley gegooi et terwyl ek en my vriende ôs exhaustions mettie wêreld weg lag.

Meer oor:  Sypaadjies  |  Vriendskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.