Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: As jy iets stupid glo en dit ‘jou truth’ noem

By elke meeting moet daa ’n admin pesoon wies wat vra of ammel ’n printout het van die agenda. En by elke meeting moet daa ’n pesoon wies wie hulle iPad gan ythal, vi ammel sê hulle het die agenda oppie iPad ge-download en vi ammel gan vra of hulle wiet dat die rainforest biesag is om ytgeroei te wôd. Dan gan die iPad pesoon vra of ôs wiet hoeveel papier elke maand gemos wôd net by meetings soes dié. En tewyl ammel daa sit en wonne offit ’n rhetorical question is gan Rachel, sê maa haa naam is Rachel, die math doen op haa iPad, wat assembled was inne sweatshop in China. Daityd sit ek, wie baie omgie oorie environment daa, en dink as ek byrie hys kom gan ek dai boem wat in ôs voojaat groei afkap. Net om op te maak virrie papier wat Rachel nie vandag gemos et ie.

Wat my lat dink et annie Rachels vannie wêreld, ek het gesit en wonne wattie woord sal wies wat die decade wat nou agte ôs lê kan beskryf. Mercurial issie woord wat vi my reg gevoel et. Maa ek het gedink it klink te grand, vi soe ’n pathetic age. Toe settle ek op smug. Die was ie decade van praat oo goed wat jy nie reg ytgedink et ie. Die decade van “my truth”. Ek haat it mos as mense “hulle truth” deel. Asof ie waarheid subjective is. Opinions is subjective. Die waarheid is indifferent towards hoe jy daaoo voel. Let op hoe hulle nooit in die sciences praat van “my truth” ie. Imagine jou dokte moet operate op jou hart vi jou hartkwaal, en dan stiek dai man yt hie biesag met jou brein. Wan is sy truth. Hy voel jy moet op iemand se brein operate as hulle ’n hartkwaal het. En as die anne dokte vi hom sê dai isse unscientific approach, sê dai man net let’s agree to disagree.

My truth was maa eintlik net nogge way om te sê ek beslyt selectively wat my gan outrage. Soes Palestinian activists wie vi Israel boycott maa nie omgie oo victims van sexual violence in hulle eie land ie, soes gay activists wie transphobic is, soes wit mense wie protest tien plaasmoorde maa vegiet van Cape Flats moorde.

Ek onthou toe Trump elected was, hoe die sensitive liberals mekaa geblame et daavoo. Omdat hulle die conservatives te veel afgeknou et. Die liberals was te focused op hulle eie truth om die conservatives se kant te sien. Toe lat it my wonne wat presies jou ’n conservative maak. Ek hettit ge-Google net yt curiosity yt. Ek was surprised om te sien daa is sieke iets soes tien different forms van conservatism.

Maa whatever way jy na it kyk, en regardless van hoe baie euphemisms soes “traditional” rondgegooi wôd, kom it nee op mense wie vi anne mense wil sê wat hulle mag doen met hulle liewens. En across the board issie basis daavan religious. Nou jy moet mense se religion respect, wan dai is hulle truth. Maa it isse transphobic, homophobic, misogynistic, often racist truth. Soe ek wiettie daavan ie. Ek dink ie it moet optional wies vi mense om te sê hulle het conservative values ie. Jy kan conservative values het of course, freedom of choice en speech, wat conservatives incidentally nie rêrag in gloe nie. Of hulle gloe net innit as hulle horrible goed vi anne mense wil sê en nog altyd soes goeie mense wil voel agtena.

Die aarde is plat, respect my truth. Ek maak albinos en virgins dood vi muti, respect my truth. Ek is xenophobic, maa net met swat mense, respect my truth. Daa is soe baie truths wat rond float, elke een meer loud en obnoxious assie next een.

Ek wiet is niks niet ie. Ek sal nooit vegiet toe ek die eeste kee John Lennon se “Gimme some truth” hoorie, dai stukkie wat hy sing: “I’ve had enough of reading things / By neurotic psychotic pigheaded politicians / All I want is the truth, just give me some truth.” It het vi my ’n while gevat om te besef dat Lennon oo literal politicians praat. Ek het assume hy bedoel et asse metaphor vi mense, in general.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.