Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: As laitie het ek dieselfde worries as nou gehad

Toe ekke kind was hettie grootmense altyd vi ôs gesê, “Moenie soe hastag wies om groot te wies ie. Issie lekke om groot te wies ie.”

Maa ek het nooit dai gegloe nie. Ek het gewiet die riede hoekom hulle nie gehourit van groot wies ie, was omdat hulle vi al ie vekere riedes wil groot gewies et. Toe hulle groot wôd toe sien hulle it issie wat hulle gedink et it gan wies ie. Hulle hettie besef as jy groot is betaal jy virrie fun wat jy gehad et toe jy jonk wassie.

Maa ek hou daavan om groot te wies. Wan toe ek klein was het ek dieselle worries gehad wat ek nou het. Ôs liewens was niks different assie grootmense syne nie. Ôs het niks control gehad oo wat die grootmense doenie. En dai was al wat heeltyd op my mind was, dat jy nie ’n sê het in hoe jou liewe gan ytdrai nie.

Toe ek ’n laitie was het ek baie weggestap vannie hys af as ek met my ma gestry et. Daityd wassit funny. Wan ek het net soe vê gekom soesie voohek voo ek my ma gemis et, en voo ek begin picture et hoe horrible my liewe gan ytdrai asse ses jaa oud laitie wat oppie straat bly.

Toe ek in my twenties was het ek oek baie weggeloep vannie hys af, maa toe issit ie mee funny nie. Wan toe kom ek net soe vê soesie trein stasie voo ek besef ek hettie ees geld virre ticket ie. En wat daavan as ek gehad et, ek het nêrens toe gehad wat ek kan gannie. Ek en my ma het baie gestry daityd. Eintlik omdat ôs baie dieselle is, sy het getry om order yt anne mense se chaos te maak. En ek was moeg daavan om te betaal daavoo.

Daityd dan sit ek net oppie stasie soe lank ek kan, soe lank it vat vi ieman om my te pla, of soe lank it my vat om te begin worry oo my ma wat might worry oo my. Agtena stap ek starag trug en swallow my pride langsie pad saam’ie humiliation daavan om te admit dat jy trapped is hie inne plek waa jy nie wil wies ie. Al wat jy kan doen is om threats te maak oo hoe jy gan fokof eendag.

Maa dais innie veliede. Nou en meeste vannie tyd mis ek my ma en wens ek kan haa bel sône dat it na iets complicated gan lead.

Niks ve’anne die feit dat ek groot is en happy is my kinne dae is agte my nie. Ek het altyd vi myself gesê, ek wiettie of ek af van die pad gan kan drai wat my pa vi my ytgelêrit ie. Maa ek wiet as ek eendag groot is gan ek niks doen wat my liewe complicate ennie mense rondom my se liewens unbearable maakie. Ek gannie eendag hyl oo allie mistakes wat ek gemaakit in my liewe nie, wan ek gannie ’n klomp mistakes maak ie. Wan vi my mean om groot te wies iets annes as wattit virrie mense rondom my gemean et.

It is soes innie kêk daityd. Dan het die ouderlinge ennie diakens altyd gepriek vannie jong mense wat moet waaksam wies tien ie versoekings vannie wêreld. Dan noem hulle die versoekings: Die dansbaan, die drank, die dwelms, die vriende. Ek het altyd gedink julle praat nou van julle eie versoekings en miskien die anne laities hie se versoekings. Wan dai goed wassie my idea vanne lekke tyd ie. En ek dink dai is wattie mense van gepraat et daityd van groot wies wattie soe lekke is soes jy dink it gan wies ie. It is vol versoekings.

Maa hulle het vi my heeltemal vekeed vestaan. Ek wil groot gewies et, soedat ek kan wegkom vannie mense wat heeltyd versoek wôd deerie dansbaan, die dwelms, die drank ennie vriende. En dan as ek ees weggekom et van dai mense kan ek wegkom vannie mense wie priek vi my innie kêk. Wan ek het vi myself beloewe toe ekke laitie was dat wanne ek eendag groot is gan ek nooit vroeg opstaan oppe Sondagoggend ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.