Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: As Uncle Johnny en my pa ees gecommit is
Foto:

Ek kom ytie kombys gestap en byrie voorhys in en Uncle Johnny en my pa is daa biesag om ’n anne mutual vriend van hulle te disown soes twie Russians inne Dostoevsky-boek oo hy soe ’n stuk gemos is wie nie agte sy kinnes kykie en jol mette anne vrou.

My pa skrie ampe vi Uncle Johnny dat as iemand jol mette anne vrou, is hy ’n vuilgoed in sy oë. En Uncle Johnny skrie vi hom trug: “Nuu Ice, ek kyk jou nie ees an as jy sukke nonsens anvang ’ie, ek stap veby jou innie pad!” Uncle Johnny se vrou het hom net ’n wiek voo die conversation yt die hys yt gesmyt oo hy rondgejol et mette anne vrou en my ma en pa was vi drie jaa al divorce vi dieselfde riede. En plustens my pa maak ’n punt daavan om nie agte ôs te kyk ie, om my ma te spite wat hom divorce et. En hy refuse om ytie hys yt te trek, virrie selfde riede.

Uncle Johnny kom vi jare al daa by ôs, maa jy sien nooit vi hom sittie, en hy kom nooit heeltemal in byrie hys ie, staan altyd innie voodeu, soe half oorie drumpel. Soese vampire wie wag vi my ma-hulle om hom permission te gie om in te kom.

Uncle Johnny remind my vanne Chinese knock off van Mario in Mario Bros. Wan hy lyk presies soes Mario, die hoedjie ennie overalls, die mustache en als, maa net sy klere se colours is different, orange en bryn instead van rooi en blou, en instead daavan omme plumber te wies, wêk hy byrie vullis dump. Uncle Johnny lyk asof sy ma hom by een van dai Nigerians stalletjies innie Kaap gekoep et.

My pa sit daa in sy baby yellow hemp, en tan chinos. My pa dra altyd pastel colours, ampe soese baby, wan ek dink hy groei nog. Is miskien dieselfde riede hoekom hy nie die bottel kan let go nie.

Uncle Johnny remind my vanne Chinese knock off van Mario in Mario Bros.

Uncle Johnny isse buttonkop en my pa isse alcoholic. Jy sallit nooit sê nie, die way hulle saam kan kom en buttonkoppe en alcoholics kan denounce. Eenkee toe Uncle Johnny daa was het hy vi my pa gesê, “Wiet jy nuu Ice, ek kannie ’n mens vriet wat addicted an drugs issie. Ek roek al vi dêtag jaa elke dag my button en ek was nog nooit addicted ie!” Ek moes ytie voorhys gehaloep et, wan ek wasse sekonde weg daavan om yt te bas vannie lag en dan sal my pa wil gewiet et hoekom ek lag, en dan sal hy my gemoer et nog voo ek kan antwoord. Wan hy sal rêrag ’ie kan gesien et wat snaaks is vi my van wat Uncle Johnny sê nie. As mense soes my pa en Uncle Johnny ees gecommit is daatoe om mekaa se point of view te sien, kan no amount of evidence to the contrary hulle dissuade ’ie. Hulle agree nie to disagree nie. Hulle agree to agree.

Al tyd wat ek al gesien et waa my pa realistic geraak et inne conversation met Uncle Johnny, was eenkee toe Uncle Johnny, ná hulle lekke lank gepraat et oo ’n anne loser wie nie sôg vi sy kinnes ie, beslyt et om te try om geld by my pa te lien. My pa het net voo dai homself onne sy wêk van twintag jaa ytgesyp en hulle het hom ’n lekke groot severance pay gegie. Dysende rande. Uncle Johnny wil gewiet et of my pa nie vi hom nette honned rand kan lien ie, wan sy kinnes is honge byrie hys.

My pa het net gesmile en vi Uncle Johnny angekyk ees. Toe skud hy sy kop en sê vi Uncle Johnny: “Naai ou Johnny, ek dink nogals’ie, jy gannit’ie by my maakie ou Johnny. Eintlik dink ek jy sallit nooit maak by my nie.”

Die sad ding was dat Uncle Johnny en my pa particularly lekke agree et met mekaa net voo dai en ek het gesien hoe Uncle Johnny starag die conversation lead na die geld-lien-storie en omdat ek my pa ken het dai woorde in my kop gekom van dai song: “And then I go and spoil it all by saying something stupid . . .”

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.