Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Asse flight voel soese taxi ride ytie Belhar

SA Express moet hulle naam veanne na SA Depress. Dai is wat ek sit en dink tewyl ek en my familie innie plane sit, wan hulle depress jou net.

Hulle vatte plane flight, vanaf Port Elizabeth Kaap toe, en lat it voel soese taxi ride ytie Belhar, Bishop Lavis toe. Ek is eintlik vebaas die stewardess staanie daa mette lang FNB-banksak en soek my fare nie. Is vuuwarm innie plane, en die air conditioning wêk sieke net assie plane begin vlieg, maa die pilot staan en hang byte byrie dee yt. Hy is netsoe benoud.

Ek wag heeltyd virrie pilot om van voo af te skrie, “Bietjie liefde daa agte mense” en virre man twie kee my size om op my skoot te kom sit, wan hulle laai somme vi hom hie naby af. Ek kyk my dogte an wie langs my sit, wie assume is safe wan haa ma en pa soe sê. Als binne my sê, “Klim van die plane af. It voel weird. It voelie safe ie. ’n Plane moetie vyl wiesie.” Maa die anne stem in my kop sê vi my die pilot wie byrie dee hang is in charge, hy wiet wat hy doen.

Die plane is nog oppie runway, biesag om te prepare vi takeoff wat die pilot vi ôs oorie intercom sê it ganne rowwe flight wies, wan die wind is stêk innie Kaap. Die man ookant my hal onmiddellik die safety booklet yt en begin ernstag te lies. Asof dai nou ’n veskil gan maak. Ek lus om vi hom te sê, “Jy is bietjies te erg oo vooberei wies, jy lat jouself soese square lyk.”

Maa ek voel self soese square, wan ek sit my familie se liewe in die airline se hanne wat vi my clearly remind van dai eenkee wat ek innie taxi gery et, wattie wiel af geval et. Die gatjie het net ytgespring, en die wiel wee opgesit mettie spanner wat hy klaa in sy agte sak gehad et. Wat either kan ge-mean et, dat it ’n incredibly convenient coincidence vi hom was, of dat die al heeldag gebee en hulle gie maa nettie ommie. It wasse incredible ding om te witness, nie net die wiel wat heeltyd afval ie, maa dat ammel, including ek, maa net angehou sit et. Niemand het complain ie, ’n paa mense het gelag, nie ’n die is funny lag ie, meer ’n ek het lank­al opgegie lag.

Als binne my sê, “Klim van die plane af. It voel weird. It voelie safe ie. ’n Plane moetie vyl wiesie.”

Ek sit en kyk die plane dee, daa is krake orals, daa isse stuk byrie dak wat lyk soesie paint gan afkom, die seats is ammel stukkend van agte. Ek kyk en wonne, die is die national carrier, hoekom gie die land se government soe min om vi die land se mense. Daa isse diplomat of iemand belangrik vanne anne land, wie hulle nooit in die plane sal lat vlieg ie.

Daa is single individuals wie se safety hulle as meer belangrik as al die mense in die plane combined ag.

Ek dink die en dan dink ek wee los die lyn, it issie ou anxiety wat praat. It is omdat jou familie saam jou vlieg dat als jou pla. En dan kom hulle met die in-flight snack, man-man kry ’n groot pak Fritos, en dan sak my plek soe vê dat it ’n parachute gan makee, wan it is about om dee die vloe te val. Ek het niks tien Fritos ie, ek is mal oo Fritos. Ek hou maa nettie daavan assie in-flight snack lyk asof die
pilot et yt sy eie sak gekoep et ie.

’n Maand of twie later sien ek oppie nuus alle SA Express flights is indefinitely grounded en ek sien van die plane wattie emergency landing moes gemaak et. Toe gan kyk ek wat die flight nomme was, toe sien ek nogal it was dai plane wat ôs op was. Toe kry ek soe ’n sinking gevoel oo my. Ek het somme innie kame gegan waa my dogte biesag was om teken, haa opgetel en gesê: “Daddy is sorry, baby.” Toe sy my vra hoekom ek sorry is, toe dink ek it gan nou te swaa wies om vi jou die te explain en toe sê ek somme: “I’m sorry, I ate your packet of jelly beans last night while I was working.” Wat oek waa was.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.