Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Bryn mense se skuld is nie net ’n ‘gevoel’ nie

“For, while the tale of how we suffer, and how we are delighted, and how we may triumph is never new, it always must be heard. There isn’t any other tale to tell, it’s the only light we’ve got in all this darkness.”

James Baldwin

Foto:

’n Anne kleintjie, ’n well-intentioned wit pesoon vra my nourie dag: “Maar op watter punt hou jy op skryf oor armoede en ras?” Wat hy bedoel et was, ek doen nou my MA byrie university, ek bly nie mee oppie Cape Flats ie, en ek het al ge-travel oorie sea. Wanne reach ek dai punt wanne ek nie mee kan sê dat ek die “community” represent ie.

Vi hom het ek gesê dat ek innie eeste plek nie die community represent et ie, ek represent heeltyd eintlik al myself, dat ek ampe soe different is vannie community soes ek is van wit mense. Ek is different vannie drug addicts, die alcoholics en ek is different van die ambitious, goeie bryn mense wie lawyers en doctors wôd, it wasse unique set van circumstances en happenstance inne peculiar volgorde wat vi my gemaak it. Is presies dai, wat my soe special maak.

Maa dai issie wat ek wil of miskien moet gesêritie, as ek myself moes allow et omme vulnerable moment te het innie presence vanne emissary van die mees privileged en insulated segment van die land en society asse whole, sal ek gesêrit: “Wanne ek ophou in cold sweats ytbriek, four o’ clock innie oggend. Miskien wanne ek ophou

droem die mense wie ekkie liefste voo is het in some extremely violent way doodgegan. Miskien as ek kan vegiet hoe it gevoel et om elke dag honge te wies. Ek sal ophou oo poverty skryf as ek ees al die poverty ytgeswiet et.”

Iets wat meeste wit mense vegiet is dat net soes hulle dra bryn en swat mense swaa an hulle veliede en skuld, maa ôse skuld issie ’n gevoel ie, ôs betaal vi wat ôs ma’s en pa’s moet gedoen et om te survive. Ôs betaal virrie feit dat ôs ma’s en pa’s skool moet gelos et in sub B, en stanned vyf as jy slim was. Om te gan wêk, om te help met hulle ma’s en pa’s se skuld.

En wanne jy finally vi jou ma kan sê sy hoef ie mee te worry oo broodgeld ie, kom daa ’n wit mens wat jou wil shame oo jou progress omdat hy kwaad is dat die nuwe generation van Afrikaanse writers meer in common het met sy domestic as met hom.

Ôs betaal virrie feit dat ôs ma’s en pa’s skool moet gelos et in sub B...

Om te skryf oo armoede issie ’n motif of herhaalde tema nie, as jy decide omme artist te wies en jy is arm, kry jy nie ’n dompas offe credit token wat decide hoe lank jy nog mag skryf oo jou reality nie.

Anyway, ek voel nou soos Forrest Gump, “That’s all I’ve got to say about that,” maa hie’s ’n poem oek, die isse buy one get one free soot rubriek.

African Bank

As jy wit is erf jy jou oupa grootjie se drie name

sy hys en sy kar of ten minste ’n education.

As jy ’n nie-blanke is erf jy jou oupa grootjie

se baas se naam, sy skuld en al sy demons.

Niks antique furniture soe oud soes Austria nie,

niks goue necklace wat twie ooloë survive et ie.

Toe my oupa doodgan toe los hy

net die dop vanne hys wat

hy met spoeg, superglue

enne bottle cheap wyn ’n dag

bymekaa gehourit tottie dag wat hy

in sy eie vullis vegaan et

My pa is ampe dood en wanne hy gan los hy

’n hys innie Lentegeu wat bymekaa gehou wôd

met sand en vlooie.

En dai hys behootie ees an hommie.

My pa se hys het hy weggedrink asof it ’n lang glas

was wat lieg gemaak moes wôd.

As ek môre moet doodgan

los ek ’n paa boeke enne naam

vi my dogte. Enne apartment wat

bymekaa gehou wôd met angedrade stories

wat ek pawn soes heirlooms

stuk vi stuk vi min geld tewyl ek labour

onne die delusion dat wat ek vandag weggie

sal ek eendag wee kan trug koep,

soes mette payday loan.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.