Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sypaadjies:
Nathan Trantraal: Chad-Lee, Kaaps is my idiom, nie my brand ie
Nathan Trantraal

Oppie klein skooltjie, toe ek in stanned vyf was, êrens gedurende die twiede kwartaal, roep Menee Pretorius die onnehoof vi my en Simone Smit oorie intercom, ôs moet na sy kantoor toe kom.

Nathan Trantraal

Simone dink ôs is in trouble omdat sy saam my, een vannie vyl laities na die kantoor toe geroep wôd, en begin hyl al nog voo sy yt haa bank is, ek wiet wee ôs issie in trouble ie, omdat ek saam Simone na die kantoor toe geroep wôd.

Ôs kom in Menee Pretorius se kantoor gestap en hy mossie nog tyd ie: “Meneer Trantraal en Mejuffrou Smit, ek het ’n probleem en julle gaan my help hierdie probleem oplos.” Hy sê vi ôs hy kannie onthou die laaste kee wat ’n Afrikaanse kind ytgestaan et byrie prysuitdeling einde vannie jaa nie en hy is nou moeg daavan dat die Engelse kinnes wegstap met die pryse elke jaa.

“Wat dink julle, hulle is beter as julle?,” vra hy ôs, en Simone Smit begin wee van vooraf hyl. Maa ek sal wee dai storie vetel, van die een jaa in my liewe wat ekke straight A’s student gewôd et, dai issie wat ek nou op issie. Wat ek nou op is, issie feit dat ek by ’n twietalige skooltjie skool geloep et, en it issie net die Afrikaanse laities wat die Engelse laities gehaat et ie, it wassie Afrikaanse teachers oek.

“You guys don’t sell Boon-chi-carry?”

Innie 1990’s in Mitchells Plain was daa ’n clear division tussen Engelse coloureds en Afrikaanse coloureds. Behalwe virrie feit dat ôs ruffians was ennie domste laitie innie hele province altyd inne Afrikaanse klas op skool was, was die majority vannie light skin en straight of nearly straight hare laities innie Engelse klasse te vinde.

Wat begin et asse precaution tien die niewe government, na apartheid, (wan word on the street was jou kind gannie wêk kry as hy nie kan Engels praatie), het opgëeinde asse soot van class barrier tussen coloured laities. Ek sal nooit vegietie eendag in 1995 stap ek winkel toe en daa staan Uncle Hermanus innie voo jaat en sê vi sy drie jaa oud laitie mettie misspelled Engelse naam, “Quick, quick Romweoh trow de ball in de light”.

In contrast mettie light skinned Engelse laities het die Afrikaanse coloureds often ’n rural connection gehad het en nie die Cape Flats standard of beauty gemeet in accordance to die Mitchells Plain hierarchy nie. Engelse laities het Engelse meisie gevat en saam het hulle ensure hulle kry eendag Engelse babies met ligte vel en straight hare.

It wasse hele eugenics move.

My vriend Chad-Lee wasse Engelse coloured en het altyd sy ma en pa aangespreek as “my daddy en my moomy and dem”. Chad-Lee het sectoral heterochromia gehad, die iris van sy een oeg was groenerig, dai het van Chad-Lee ’n high ranking Engelse coloured gemaak. Vi sy 21st het Chad-Lee sy pa se second hand kar, ’n 1992 Honda Ballade Civic, geërf. Hy het êrens inne office job opgeëindig en na omtrent tien jaar van sy colouredness surpress kry ek ’n e-mail van hom en ôs meet op inne klein hipster plekkie innie Wood­stock, hy sê my hy dink is cool dat ek Afrikaaps skryf, “Dit is die most looked down upon dialect of all,” sê hy. Chad-Lee praat Afrikaans soese foreigner wat giste ’n paa catch phrases geleerit. Alles wôd over-enunciate, vi maximum exotification. Hy wil oek involved raak somehow in die “movement”. Ek kyk vi Chad-Lee en sê, is Afrikaans Chad, is maa net Afrikaans wat innie Kaap gepraat wôd, dieselfde soes daa Afrikaans is wat in Northern-Cape en anne parts van Syd-Afrika gepraat wôd. Chad try nogge kee, “But it’s like coloureds can finally . . . be themselves man.”

Wanne die waitress ôs order kom vat, het die man die audacity om vi haa te vra: “You guys don’t sell Boon-chi-carry?”

Ek wys vi Chad-Lee, “Ek haat movements, wat jy admire isse klomp mense wie die taal wil commodify, soedat hulle it kan brand, own en vekoep. Kaaps is my idiom, nie my brand ie. En ek is moeg van Engelse coloureds wie tien jaa geliede gemaak et asof hulle nie Afrikaans vestaan nie, wie nou Kaaps wil monopolize; ek is bored met mense wie vyf jaa geliede net macchiatos en ’n glas wate georder et as hulle saam hulle wit vriende yt was, wie nou boentjiekerrie oppie menu soek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.