Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Concept van zany kry nie hier ’n foothold
Nathan Trantraal

Ek en my broe het eenkee ’n meeting gehad mette ’n anne kinneboek author, ­oorie possibility dat ôs miskien een van haa boeke kan illustrate. Ôs was literally starving en desperate virre start in pub­lishing.

Sy het gesê ôs kan kom tot by haa hys en ôs portfolio vi haa wys. It was maa ’n dun portfolio, wan my broe isse psycho wie elke paa wieke nogge paa blaaie ytie portfolio gehaal et en innie drom gegooirit omdat ittie goed genoeg was vi hom ie.

Die blaaie however, wat geblyrit was van ’n baie hoë quality. Maa try om dai vi Reeva te explain. Ôs sit hie met haa in haa openplan kombys-office en sy try om ôs wêk ytmekaa te skee. Nie omdat ittie goed genoeg issie, maa omdat ôsie zany genoeg issie. Sy soek mense met noodles vi ore en nekke soe lank soese slang, mense met goofy name en hoedjies met propellers boe op. Sy soek ôs sense of wonder. Ôse drawings is net Bishop Lavis, orals waa jy kyk.

Ek wil haa stop en explain dat die wêreld different lyk vannie perspective van arm mense. Dat die concept van zany nooit ’n foothold gekry et in Bishop Lavis ie. Dat as iemand die side van sy kop vashou, tewylie bloed orals val, en hy stap rond en soek sy oor innie sand wat sy vriend nounet afgekap’et, inne stryery oore glasie bier, dan staan die kinnes voo oppie stoepie en lag – dai is ôs se sense of humour.

Maa dai soot confession lat my exposed en vulnerable voel innie worst way. Voo ek my mond kan oepmaak, dink ek elke kee an dai dag wat ek en my broe sit en TV kyk, ’n ou Disney animated short oo klein laities wie soe arm is, dat wanne hulle gan slaap en hulle gooi die kombês oo hulle, issie kombês soe vol groot gatte dattit lyk soese visnet.

Ek het dai gekyk, en ek kannie opgehou lag et ie, ek het na my broe gedrai en vi hom gesê, dai is ôs. Ôs is soe arm, dat ôse parody van poverty gewôd et.

‘Gaan kyk bietjie na die werk van Quentin Blake...'

Reeva sê vi ôs, “Gaan kyk bietjie na die werk van Quentin Blake, ons kan maar net droom om sulke fantastiese werk te kan skep”. Ek sê vi haa my klein broetjie draw bieter as Quentin Blake, maa dai issie my wêkie. Nou is sy rêrag kwaad. Hierdie manji styl wat julle doen (it is eintlik manga style), tien jaar gelede sal julle miskien op ’n goudmyn gesit het, maar nou gaan julle nêrens kom nie. Dan vra sy, “Ken julle vir Zapiro?”

André sê, “Ja.”

“So julle ken sy werk?”

“Ja, ôs het al gemeet.”

Is funny, wan nou change die conversation, omdat sy nou ’n wit man innie conversation in gebring et, en nou moet sy sieke maak dat wat sy sê is in line met wat hy sê. “Wat dink hy van julle?” vra sy.

“Hy is mal oo ôs wêk,” sê ek. “Hy het ôs high praise gegie. It sal immodest wies om te repeat.”

Reeva hou nie van wantoe die conversation nou gannie, soe is tyd om haa secret weapon yt te gan hal. Haa secret weapon is Ben. Haa laitie. Ben isse twaalf jaa oud laitie, wie praat van The Doors of Percep-
tion
dee Aldous Huxley, die way anne laities van sy oudedom praat van hulle favourite Pokémon. Hy is rêrag into it. Ek kry hom jamme, hy is te klein om soe phony te wies. Ben is daa om vi ôs in ôs plek te sit, wat orait is. Ben issie mean oorie feit dat hy jou wil enlighten ie. Hy wys vi ôs sy music en sy boeke. En hy praat soese groot wit man by ’n cocktail party vi writers.

Anyway, wanne it tyd is om hystoe te gan, vra ek vi Ben of ekkie dai Radiohead CD kan lienie, ek moet wee daantoe kom om die illustrations vi sy ma te bring dan kan hy it trug kry. Ben is cool daamee. Maa wanne ek stap, vra Reeva voo my: “Ben, het jy gesê hy kan daai CD vat?” Ben sê: “Yes Reeva, it’s okay. I have copied it onto my PC.” Ek het byrie hys gekom, die CD op my PC gecopy ennie disc wat Ben my gelien et innie drom gegooi.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.