Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Daa is niks evil ie, daa is maa net nature . . .

Somtyds stap ek soe ’n lang drai, net om bietjie te dink.

En as ek soe stap, dan dink ek stories yt wat ek sal likes om te skryf. Laas wat ek stap, sien ek ’n ou, sieklike man langsie pad en hy lat my somme dink anne feit dat ôs ’n honned jaa geliede niks van die medical knowledge en medisyne gehad et wat ôs nou hettie. En soes ek daa an dink, het my mind weggehaloep met my en ek hette terrifying idea gehad virre storie.

Wat sal gebeu as daa innie modern age, met al ôs medical advancement ’n disease moet kom wat ôsie kan cure nie.

En toe lat it my wonne, hoe sal soe ’n disease vesprei wôd. En toe dink ek ek sal maak it wôd sexually vesprei. Ek het die hele scenario in my kop ytgespeel en gesien hoe it alles sal wêk. It het my ’n tydjie gevat om te besef, Oh, ja, HIV was dai disease. En die real life scenario het nogal glad ie ytgespeel soes ek imagine et ie.

My scenario wassie helfte soe terrifying soesie reality nie.

Ek het al soe baie goeie ideas ytgedink vi stories oo horrible goed, net om te onthou of te besef dat life het al klaa dai gedoen. Ek het al even die idea vi racism gehad virre minute of twie, net om te onthou it bestaan al kla.

Maa as jy soe somtyds, ingedagte is en jy sien die goed met varse oë, dan issit sad om te besef watte soot wêreld ôs in liewe. Is sad dat daa in nature soe baie goed is wat ôs kan ytroei en dat mense nog kans sien om mekaa te wil ytroei.

Miskien wassit maa nette stupid way om an myself te admit dat ek moeg is van hoe horrible mense met mekaa is. Dat ek moeg raak vi die apathy van anne mense en my eie apathy.

Ek het gestap en gedink daaoo, en toe gie it my ’n idea virre storie, imagine ’n wêreld waa daa soe min mense oo is, dat jy vi jare en jare kan gan sône om ienagge iemand te sien. En dan het jy die pesoon, wie se liewe jy net wys op haa of sy eie vi about ag honned blaaie.

En oppie laaste blaai sien hy of sy nogge mens, en dan issit ie soes innie films wat die stranger try om die pesoon dood te maak en cannibalize ie. Instead staan hulle net daa soe lank hulle kan en praat oo alles wat hulle an kan dink, wan hulle wiet die kan die laaste pesoon wies wat hulle ooit sal sien. Iets soes dai.

Sukke stupid ideas, wat ek yt dink yt habit. Wan selfs as ek stap, kan ekkie net die stap appreciate ie. Ek wil wêk inwêk.

Ek wiettie ees waa die idea vi dai storie vandaan gekom et ie. Miskien wassit maa nette stupid way om an myself te admit dat ek moeg is van hoe horrible mense met mekaa is. Dat ek moeg raak vi die apathy van anne mense en my eie apathy. Dat ek moeg raak vannie cynicism, maa perhaps meer as iennage iets dat ek moeg is van die violence wat jy elke dag van hoor. Ek is nooit mee bly omme anne mens te sien ie. Ek voel somtyds ek wille storie ytdink wat nice is. Niks donke nie. Maa ek kan niks dinkie. En ek sukkel
omme example in life te sien. Maa miskien kyk ek maa net vekeed na it.

Wan kyk na mense, mense tend om te dink dat evil ’n aberration is, maa ek dink ienagge scientific pesoon sal vi jou sê, daa is niks evil ie. Daa is maa net nature. En in nature moet jy cruel en selfish wies om te survive. Mense is geneig om te praat van diere en hoe bieter hulle is as ôs, maa ek guarantee jou lies ’n bietjie op oo diere, jy sal gou jou mind change.

Diere is vicious, vannie grootste tot ie cuteste. Mense is oek vicious, maa elke nou en dan, sal ôs iets doen waa yt ôsie self gan benefit ie. Elke nou en dan gan ôs tien ôs natural instincts gan.

’n Storie oo ’n alien race wat hulle natural instinct om cruel te wies contradict, was nogge novel idea van my.

Tot ek onthou et . . .

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.