Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Dai ding issie mee jy nie; al wat oobly

Toe ek nog klein was het ek eenkee ’n article gelies oo Mike Tyson wat hy klein was. Ek vind toe yt Mike Tyson se familie het inne apartment directly boe ’n koswinkel gebly. Innie aane het hy en sy suste dee ’n gat innie vloe geklim dan shopping hulle vi free tewyl ammel slaap.

Ek wiettie nou hoe waa dai storie wassie. Maa virrie next paa jaa ná ek it gelies et het ek baie nagte honge wakke gelê, en imagine ôs het boe ’n winkel gebly. In my imagination as jy dee dai floorboards geklim et het daa magical lighting op jou geskyn soes inne adventure film dee Steven Spielberg.

Ek het inordinately baie an kos gedink toe ek klein was, wan ôs was meeste vannie tyd honge.

Ek en my ouer broe het often gelê met winkel brochures dan study ôs die fridge displays wan hulle was altyd stacked vol kos. Dan stry ôs oo watte fridge die beste kos het. Ôs het baie sukke games gespeel en baie baklei daaoo.

’n Anne favourite game was “Pick”. In dai game blaai jy dee ’n magazine, en as daa ’n blaai kom met kos op, dan moet jy eeste pick wat jy wil hê.

Foto: Istock

My broe het altyd vinnager as my gepick. Dan baklei ôs oo dai, wan hy pick al die beste kos. Asof hy rêrag nou dai kos gan kry. Ek kan nooit vegiet hoe hopeless ek gevoel et as ekkie vinnag genoeg my kos gekies et ie.

Anne kere het ôs gelê en drawings maak van die goed wat ôs gan koep as ôs eendag man-man sy eie miljoen rand gan het. Dan draw my broe dai hele blaai vol. Ek het altyd net ’n kar geteken en R500 se groceries. Ek kannie my kop rondom ’n miljoen rand gedrai et ie. Ek was te gewoond an my ma koep ’n brood dan is al haa geld op. Mense dink die worst ding van arm grootwôd issie gangsters. Die worst is om honge te wies. It maak jou mal in jou kop. As jy jou hele liewe lank honge is, dan devour dai hongete jou. It vriet jou liewendag op. Al wat oobly issie honge. Dan stap dai ding rond wat lyk soes jou, maa it is lankal ie mee jy nie. It isse gevoel mette mind van sy eie. Ennit los jou nooit ie. Jy kan maa al die geld innie wêreld oek kry, as jy ienagge iets wiet, issit dat jy marked is dee dai honge tot ie dag wat jy doodgan, en nog maklik ná dai. Dai poltergeist wat jy innie films sien, wat soe die kos kassies gooi, dai is my mense.

Hulle soek iets om te iet.

Ek dink baie an die storie van Edwin Stephens, Tom Dudley en Edmund Brooks. Wie in 1884 hulle cabin boy, Richard Parker, opge-iet et, ná hulle vi 17 dae lost at sea was. Ek dink an dai storie vi twie riedes, omdat Stephens mal geraak et, baie jare later. Hy’t homself toegeslyt in sy kame met klomp blikkies kos. Ek het relate an dai. En oek omdat as jy honge is, sône om te wiet van dag tot dag waarie next meal vandaan gan kom, voelit soes om lost at sea te wies. En ek het al klomp kee gesien hoe dai honge decent mense in monstes ve’anne. Cannibals. Ennit is die weakest ennie most vulnerable wat eeste opgevriet wôd.

? Paa dae ná hulle vi Richard Parker ge-iet et, toe wôd die sailors gerescue. It is vandag nog altyd een vannie belangrikste cases in legal history.

Wannie vraag was, is cannibalism ’n crime assit jou ienagste hope van survival is? En oek omriede, is swaa as jy daa sit mette vol maag ommie choices te judge van mense wat yt hulle vestand was van honge. Innie einde was ie drie mans sentenced to death, maa die sentence is later ve’anne na ses maande tronkstraf. Innie hof het Dudley gesê, “I can assure you I shall never forget the sight of my two unfortunate companions over that ghastly meal. We all were like mad wolves who should get the most, and for men – fathers of children – to commit such a deed, we could not have our right reason.”

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies  |  Honger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.