Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Darem het community nog faith in ôs doktes . . .

“OK, attention everyone, can I have your attention?” skrie die security agte haa mask wat beweeg soes finger puppets inne kiddie-program. Die paa rye plastic stoele staan effens weg van mekaa gespace soes ’n relaxed pinkster biduur afterparty. Daa is groot, ou, siek mense en klein, newborn babies wat toegedraai broei in hul ma’s se arms of in dusty prams. Die daghospitaal se mure lyk meer sieklik as ienagge een van ôs wat hie wag.

Die paa community workers in hul bright fluorescent bibs en clipboards lyk meer soes sad Lego-mannetjies ytie Lego Movie wanne niks mee awesome issie.

“We want our normal patients to sit on one side and if you are here for a Covid screening please wait on the other side, someone will take your details and come get you if they determine you need a test.”

“IsiXhosa, please sister,” sê ieman en die security repeat wee haa instructions in Xhosa. ’n Middle-aged Afrikaanse vrou praat in my direction, “Maar laat ons nou net sê Afrikaans asseblief, dan weier hulle,” sê sy in protest tottie perceived double standard. My vrou kyk ees vi my dan drai sy terug na die vrou en sê kalm, “Social distance antie, staan soentoe.”

Die gehyl vanne baby briek ie silence van mense wat wag om gehelp te wôd. Ná ampe ’n uur wag issit ôs turn. Die nurse met sy questionnaire, accuse ôs ees van Capetonian citizenship, ôs lag en sê nuu, ôs het ôsself deport. En ôs citizenship opgegie.

Hy maak ’n paa jokes en explain wee die symptoms van Covid. Hy demonstrate hoe ôs ôs masks moet dra en hanne was, hy wiet hy hoefie, maa hy doen it anyway.

Ek try awkward conversation te maak en vra hom wanne hy dink die vaccines eendag hie gaan ytkom.

Hy offer ’n despondent laggie tewyl hy notes maak op sy clipboard. “We hope soon, we hope very soon. But we can’t think about that now, now we must help our people so they can be safe when the vaccines arrive.” Ek vra hom of hy dink mense sal willing wies om die vaccines te vat, met al die misinformation op social media. “People really trust healthcare professionals; most people have common sense and, in this community, they have faith in us and the community workers go out there and inform people. I think it will be fine, the government can only do so much, we are here amongst the people.”

Hy gie nogge droeë laggie en sê, “You are really from that other country, Cape Town.” “Julle is biesag, julle Kaapse mense,” add hy by.

Ôs kry klaa en hy direct ôs inne gangetjie af waa daa nog ieman gereed staan mette clipboard en vorms vi ôs om in te vul. Maa ôs moet wee gan sit en wag wan daa isse commotion byrie entrance. Die security hadloep vannie een hoek na die anne. Ôs gan sit en wag tot it wee stil wôd. Ek voel nou ’n bietjie meer gerus en hal my phone yt, die eeste article wat op pop, is van Wouter Basson wat wêk by Mediclinic.

Apartheid se famous Dr Death, die naam spring in my kop saam met al die anne depressing name van club DJs soes Dr Love en Dr Beat. Nieman regte doktes ie, behalwe Dr Death. Dr Death was in charge van chemical warfare in apartheid Syd-Afrika, nou is hy ’n practising cardiologist in 2021. Inne land waa university graduates sukkel omme basic wêk te kry, wonne ek hoe Dr Death ’n company convince om van sy expertise gebryk te maak.

Ek wonne hoe lyk dai man se CV. Previous employers: Apartheid state. References: Die hele Cape Flats kan getyg van hoe goed Dr Death se drugs was.

As ieman steel inne winkel, kan die winkel se owner jou ban for life, as jy football speel en ieman dangerous tackle kan it jou career kos.

Ôs stap yt en sien 

nambulance byte, ’n ou vrou wôd gehelp agte in. Die sirens en rooi ligte clash met die early sunrise en ek besef nou ees dat it nog donke was toe ôs hie angekom et. Ek dink annie nurses en doktes wat nog heeldag daa binne gan wies. Ek dink an wat dai nurse gesêrit, dat die community faith het in ôs doktes.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.