Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Dark mode issie toppunt, want end of world is hie

Iets wat my altyd lat voel asof ôs innie laaste dae liewe is updates. Ve’al Microsoft Windows updates, maa eintlik ienagge computer update.

Daa is die obvious reasons. Elke kee as my computer update, is ammel se internet starrag vi dai ses-en-dêtag ure wattit vat ommie update te download. En dan assie update klaa ge-download is, gan et install en dan gan ek vi about veetag miniete moet sit en wonne of my computer ooit wee gan angan. Elke nou en dan gan daa iets vekeed, en dan moet ek vanaf two o’clock tot six o’clock die oggen sit ennit regmaak. Dan issit ek en my pent-up rage face to face allien innie nag. Wan ’n update install altyd wanne ek supposed is om te slaap. Met dai, is daa altyd goed op my computer wat ek al vi twie jaa an wêk - manuscripts en soe an - wat nie ge-backup issie. Ek wiet ek moet backup, maa ek isse nihilist. En ek is in all honesty slightly curious oo hoe it my life might affect as ek twie jaa se wêk moet veloo.

Maa met als dai, issit ie die update process wat my rêrag die apocalyptic blues gie nie. It is die idea van updates self. Wan jy kry jou minor updates, wat bug fixes en improvements is, en dan kry jy jou major updates wat niewe features introduce. Is die niewe features wat my onne kry.

Die waarheid is, die wêreld van computers, en oek maa die wêreld in general, het yt niewe features gerun. Alles wat nou update, vanaf jou kar tot jou phone, kry net heeltyd ’n dark mode enne emoji keyboard. Ennit wôd altyd announce asofit die belangrikste ding ooit is. En mense respond altyd asofit die belangrikste ding ooit is, wat hulle vi jare al voo wag. In fact, it het al byrie point gekom dat as iets nie ’n dark mode hettie, raak mense baie upset. Is hoekom ek nou constantly myself op dark mode set. I’m getting with the times.

Die waarheid of course is dat nieman het gewiet hulle need dark mode of emojis totdat ’n company vi hulle gesêrit hulle need it ie. Similarly, het nieman gewiet hulle need ’n Fitbit om hulle daily steps te tel en hulle heart rate te monitor, voo ieman ’n Fitbit create it ie. As jy mooi daaoo dink, die moment toe hulle die internet oppe phone gesit et, toe was daa nie much reason vi niewe features in life ie. Die internet wassie laaste groot significant technological development, en als wat ná dai gekom et wat goed was, isse extension vannie internet. Wattit worse maak, is dat ôs soek ie rêrag niewe goed ie. Ôs wiet it is aimless.

Maa it voel te laat ommit nou te admit. Jy het al klaa jou personality construct rondom Apple se touch gestures. Jy het al klaa vi al jou vriende gewys hoe jy ’n email stuu dee net twie kee te tap op jou phone se screen.

Hoekom it als vi my lat voel asof die wêreld ampe oo is: It voel die way ek voel as ieman my visit wat ekkie wil sien ie. Ek moet die heeltyd stress daaoo om an niewe activities te dink wat ek met my visitor kan doen. Totdat ek wiet is dai laaste een of twie ure, en dan gie ek op. Dan is ek liable om ienagge senseless activity te doen. Wan dan wiet ek die end is in sight, ek gan sôg dat jy my nooit wee kom visit ie. Dai’s wanne ek ophou effort maak. It voel vi my die groot companies wiet iets wat ôsie wiettie. Asof daa iemand is wat nou sê, “Ôs het nou vi die mense klaa dark mode gegie en emojis, wat nou?” En dan sê die baas, “Gie vi hulle HD offe 4K TV.” En dan sê die dude, “Ôs het klaa vi hulle dai gegie.” Ennie baas shrug sy skoues, “Gie it vi hulle wee man, hulle worry nie, daa’s anyway nog net ’n jaa oo vannie wêreld.”

Windows het nou lat wiet hulle gan Windows 11 release. Ennit is die most revolutionary Windows overhaul inne decade. And you guessed it, jy kan nou meer parts van Windows in dark mode sit.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.